Thiaan & Michelle se selfdoen troue

Ons deel die pragtige doen-dit-self troue van Thiaan en Michelle met julle.  Sonje Ludwick het die pragtige troue se fotos geneem wat by die mooi trou venue Het Vlock Casteel gevier was.  Geniet die foto’s en die paartjie se liefdesverhaal.

ThiaanEnMichelle_0001 ThiaanEnMichelle_0002 ThiaanEnMichelle_0003 ThiaanEnMichelle_0004 ThiaanEnMichelle_0005


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Soos meeste mense het ons ontmoet deur ‘n gemeenskaplike vriend in 2007.


ThiaanEnMichelle_0006 ThiaanEnMichelle_0007 ThiaanEnMichelle_0008 ThiaanEnMichelle_0009 ThiaanEnMichelle_0010


Hoe het julle verloof geraak?

Om my verjaarsdag te vier het my ma vir my en Thiaan kaartjies gegee vir MSC se “cruise to nowhere.”  Die eerste aand op die boot, na ete het ons bietjie die boot te gaan verken terwyl dit stiller was.  Ons was op die “upper deck” ek was besig om fotos te neem van die mooi versierende liggies, toe ek omdraai om te kyk hoekom Thiaan se stil geraak het, sien ek hom daar staan op sy een knieg, en toe weet ek wat volg… Ek dink nie ek het eers vir hom ‘n kans gegee om klaar te praat voor ek JA gesê het nie.


ThiaanEnMichelle_0011 ThiaanEnMichelle_0012 ThiaanEnMichelle_0013 ThiaanEnMichelle_0014


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was saam vir ongeveer 6 jaar en 2 maande en ons was verloof vir 1 jaar


ThiaanEnMichelle_0015 ThiaanEnMichelle_0016 ThiaanEnMichelle_0017 ThiaanEnMichelle_0018 ThiaanEnMichelle_0019 ThiaanEnMichelle_0020 ThiaanEnMichelle_0021 ThiaanEnMichelle_0022 ThiaanEnMichelle_0023 ThiaanEnMichelle_0024 ThiaanEnMichelle_0025 ThiaanEnMichelle_0026


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Bou jou huwelik op God as fondasie.  Ons het ook ons dominee gaan sien vir voor huweliks berading sodat ons weet waaroor die huwelik gaan , wat ons elkeen se rolle is in die huwelik en hoe om altyd God deel te maak daarvan.

Met betrekking tot die beplanning is al wat ek kan sê vir bruide:  Moenie jou bruidegom afskeep nie, luister na sy idees want dit is sy dag ook.

Ons het ook al die tafel dekor self gemaak wat ons baie geld gespaar het, en al ons vriende en familie het pret gehad om ons te help en dit was net soveel meer spesiaal.


ThiaanEnMichelle_0027 ThiaanEnMichelle_0028 ThiaanEnMichelle_0029 ThiaanEnMichelle_0030 ThiaanEnMichelle_0031 ThiaanEnMichelle_0032 ThiaanEnMichelle_0033 ThiaanEnMichelle_0034 ThiaanEnMichelle_0035 ThiaanEnMichelle_0036 ThiaanEnMichelle_0037 ThiaanEnMichelle_0038 ThiaanEnMichelle_0039 ThiaanEnMichelle_0040 ThiaanEnMichelle_0041 ThiaanEnMichelle_0042 ThiaanEnMichelle_0043 ThiaanEnMichelle_0044

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    • Fotograaf: Sonje Ludwick Photography
    • Thiaan se pak: Moi Styling
    • Trourok: Privaat gemaak
    • Grimering en hare: Skoonlief
    • Dékor: Alles deur familie en vriende gemaak
    • Blomme: Verskaf deur Moondrops, maar ons het ons eie blomme rangskikkings gedoen
    • Bruid en strooimeisies se ruikers: Mon Petit Fleur
    • Platejoggie: Edwin van DJ Dean
    • Troukoek: Bite Me Cupcakes and Wrappers