Pieter & Linette se troue

PieterenLinette_0019


Pieter en Linette is Hoërskool liefdes wat al baie saam deurgemaak het en die wêreld saam gesien het.

Hul deel graag met ons hul liefdesverhaal.


 

PieterenLinette_0001 PieterenLinette_0002 PieterenLinette_0003 PieterenLinette_0004 PieterenLinette_0005 PieterenLinette_0006 PieterenLinette_0007 PieterenLinette_0008 PieterenLinette_0009 PieterenLinette_0010


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

 Ons het op skool ontmoet.  Hier het die reis as beste pêlle begin, albei van ons sal nie 2 keer dink om dit alles oor te doen nie. Platteland mense, van Makwassie en Leeudoringstad.  Ons gaan saam skool in Wolmaransstad, gaan swot saam in Bloemfontein, werk in die Kruger Wildtuin.  Werk saam in die Bahamas, beleef die ongelooflike berge in Alaska, verdwaal saam in Miami en sien saam die oggend ure van Las Vegas.  Saam verloor ons mense naby ons, kry nuwe vriende by en besef ook dat ons super geseënd is met wonderlike familie.  Ons huil baie trane saam, maar lag liters trane uit.  Lief dit om elke dag steeds nuwe dinge van mekaar te leer.  Dankie Hemelse Vader dat U ons geseën het met mekaar.  Die grootste seëning ooit.


PieterenLinette_0011


Hoe het julle verloof geraak?

Pieter het ‘n naweek weg beplan waarvan Linette niks van die reëlings geweet het nie.  Ons het gegaan na Clarens en het in die Castle in Clarens gebly, hy het my in die toring van die kasteel gevra met ‘n gourmet piekniek.  Na soveel jare se saamwees het ek presies geweet wat ek gaan sê, maar daai oomblik was ek so oorweldig, ek kon net ‘n sagte ja deur die trane uitkry.  Dit was definitief een van die grootste hoogtepunte in ons verhouding!  Die res van die naweek het ek bly in goed vasloop soos ek na my ring gestaar het.


PieterenLinette_0013 PieterenLinette_0014 PieterenLinette_0015


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Op ons troudag was dit presies 12 jaar terug wat alles begin het, die mees opwindendste reise van ons albei se lewens.  Dit was Vrydag die 9de Mei 2003, in ons matriek jaar het Pieter vir Linette gevra om sy meisie te wees.  Dit was die begin van die beste tyd van ons lewens, ons wou albei nie ‘n vaste verhouding gehad en nie – maar nie 1 van ons 2 sou naastenby soveel pret gehad het as ons nie mekaar gehad het nie.  Dit is hoekom ons wou trou, omdat iets wat bitter lekker was 12 jaar terug net al hoe lekkerder geword het.


PieterenLinette_0016 PieterenLinette_0017 PieterenLinette_0018 PieterenLinette_0019 PieterenLinette_0020 PieterenLinette_0021 PieterenLinette_0022 PieterenLinette_0023 PieterenLinette_0024 PieterenLinette_0025 PieterenLinette_0026 PieterenLinette_0027 PieterenLinette_0028


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Glo in God!

Hou dinge net soos wat dit is. Ons doen die pret dinge wat ons saam doen nog presies dieselfde as wat ons dit 12 jaar terug gedoen het.  Bly verlief – hou steeds hande vas, staar in mekaar se oë, soen skelm om hoeke en vertel ander mense hoe ongelooflik jou maat is (al lyk dit of mense dit nou al genoeg gehoor het).  Maak baie vroeg in jul verhouding vrede daarmee dat daar uitdagings gaan wees, pak dit saam aan en probeer die beste daaruit haal.


PieterenLinette_0029 PieterenLinette_0030 PieterenLinette_0031 PieterenLinette_0032 PieterenLinette_0033 PieterenLinette_0034 PieterenLinette_0035 PieterenLinette_0036


Diensverskaffers

 

Fotograaf: Cindy Louwrence  | Rok: Sophia Tolli Rok, Studio Brides | Blomme: Linda Swart, Linette se ma
Hare: Corlene Crathorne, Salon Corlene | Venue: Grootbosch | Strooimeisie rokke: iCandee
Grimering: Esplendor Make-Up | Koek: P.J. Smook