Pierre & Heike se romantiese velowing

Verloof Pierre en Heike_0002


Ons deel graag vandag die verlowing foto sessie van Pierre en Heike. Hul liefde vir mekaar is mooi vasgevang op kiekies.

Hul trou oor 2 weke en ons hoop om binnekort die paartjie se troue ook met jul te deel.


Verloof Pierre en Heike_0003Verloof Pierre en Heike_0004Verloof Pierre en Heike_0005


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Pierre woon op ‘n plaas in die Steytlerville distrik en is ‘n boerseun in murg en been, hy was maar selde op die dorp en toeval het dit so beplan dat hulle paartjies moes kruis by goeie vriende se huis oor ‘n naweek.  Pierre het dadelik Heike se oog gevang as ‘n skaam en stil mens.   Heike het een Desember saam vriende op die plaas gaan kuier en soos hulle sê, die res is geskiedenis.


Verloof Pierre en Heike_0006Verloof Pierre en Heike_0007Verloof Pierre en Heike_0008


Hoe het julle verloof geraak?

Na 7 jaar as ‘n paartjie het Pierre besluit dit is nou sulke tyd.  Hy het Heike se suster en vriendin genader om hom te help die perfekte aand te reël. Pierre het vir Heike om die bos gelei en haar die hele dag in die winkels te laat rondloop.  Daarna het hulle by Heike se kleuterskool op die dorp gestop.  Toe Heike by die gebou instap was die vertrek vol blomme, kerse en fotos van hulle.  Ligte musiek het in die agtergrond gespeel en Pierre het net daar op sy knie gegaan en haar gevra om sy vrou te word.


Verloof Pierre en Heike_0009 Verloof Pierre en Heike_0010 Verloof Pierre en Heike_0011Verloof Pierre en Heike_0012 Verloof Pierre en Heike_0013 Verloof Pierre en Heike_0014


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons gaan op die 5de Desember 2015 by die Plantation in Port Elizabeth trou, presies ‘n jaar na ons verlowing.


Verloof Pierre en Heike_0015 Verloof Pierre en Heike_0016


Diensverskaffers:

Fotograaf: Captured Moments | Hare: Opulence | Grimeering: Theano Zenios MUA