Jannie & Carla se prettige selfdoen troue

Ons deel vandag Jannie en Carla se prettige troue met jou. Die paartjie het by die pragtige venue, Towerbosch getrou.  Towerbosch is nie net ‘n pragtige venue et ‘n grasdak en kreatiewe wit houtbalke nie, maar is ook gekies as een van die Top5 trou venues in die Kaapse Wynlande. Dit is ‘n fantastiese prestasie, want daar is honderde venues waarvan hulle kon kies.  Towerbosch is geleë op die pragtige Knorhoek Wynlandgoed in Stellenbosch. Jannie en Carla se troue is ‘n bron van inspirasie vir enige jong paartjie wat besig is om hulle troue te beplan en opsoek is na iets pret en anders.  Van ‘n fotosessie op ‘n Tennisbaan, Helder sokkies, Tekkies as trou skoene tot sonbrille as geskenke vir hulle gaste is die troue een van daardie troues wat jy nie moet mis nie. Geniet die paartjie se troue.


JannieEnCarla_0036JannieEnCarla_0001 JannieEnCarla_0002 JannieEnCarla_0003 JannieEnCarla_0004 JannieEnCarla_0005 JannieEnCarla_0006


Hoe het julle ontmoet?

Een Vrydagaand, so 12 jaar gelede (24-01-2003) by my verjaardag braai, het ons mekaar ontmoet.  Haar broer het haar saam gesleep om haar bietjie op te “cheer“.  Ek onthou nog steeds die eerste keer wat ek haar gesien het.  Sy was die pragtigste meisie wat ek nog ooit gesien het, selfs al het sy ‘n bietjie hartseer en verlore gelyk.  Ek’t net vir een of ander rede geweet sy is die een vir my en het natuurlik net daar besluit dat dit my plig as gasheer is om haar so gou as moontlik in ‘n beter bui te kry … en ek het.  Dit het so goed gegaan dat ons kort daarna begin uitgaan het.

Lang storie kort:  Ons het bietjie meer as ‘n jaar uitgegaan en toe besluit om ‘n breuk te vat (wat in die proses ons altwee se harte gebreek het).  Lewe het aangegaan en 10 jaar later (as of dit bedoel was) het ons paaie weer gekruis en het ons ‘n tweede kans gekry om dit te laat werk.  Hierdie keer was ons altwee reg vir dit.  Alles het onmiddellik reg gevoel en dit was asof die 10 jaar tussen in nooit gebeur het nie.  Aangesien alles so goed gewerk het, het ons natuurlik besluit om dit offisieel te maak.


JannieEnCarla_0007 JannieEnCarla_0008 JannieEnCarla_0009 JannieEnCarla_0010 JannieEnCarla_0011 JannieEnCarla_0012JannieEnCarla_0013 JannieEnCarla_0014 JannieEnCarla_0015


Hoe het julle verloof geraak?

Op ‘n ander Vrydagaand in 2014 (24-01-2014) het ek vir Carla gevra om saam met my oud te word. Dit was presies 11 jaar vandat ons ontmoet het en ook die eerste keer in 11 jaar wat die 24ste Januarie weer op ‘n Vrydag geval het. Carla was gelukkig nie bewus van dit nie. Ek het haar vertel dat ek ‘n naweek weg gereël het om na ‘n bier fees toe te gaan. Natuurlik was dit net om haar bietjie af te gooi. Ons het in die donker by KolKol Mountain Lodge aangekom (sy wou al baie lank KolKol toe gegaan het). Toe ons klaar afgepak het en begin ontspan was ek bekommerd dat sy dalk gaan begin snuf in die neus kry, maar ek het ‘n plan gehad. Ek het haar af gegooi met ‘n paar klein verrassings (11 verrassings vir die 11 jaar vandat ons mekaar ontmoet het). Een van dié was ‘n hangertjie met die datum wat ons ontmoet het agter op ingegraveer (24-01-2003). Voor op die hangertjie staan daar “I still believe in 398.2” (398.2 is die nommer vir die sprokies verhale (“fairy tales”) afdeling in biblioteke). Ek dink sy was so afgegooi met die hangertjie en die ander verrassings dat sy nie eers die volgende een sien kom het nie. Ek het haar gevra om te dans en sagies in haar oor gesing … en die einde van die liedjie het ek afgegaan op een knie en vir haar gevra of sy wil oud word saam met my. Sy het “JA!” gesê en die res is “history”.


JannieEnCarla_0016 JannieEnCarla_0017 JannieEnCarla_0018 JannieEnCarla_0019 JannieEnCarla_0020 JannieEnCarla_0021 JannieEnCarla_0022 JannieEnCarla_0023 JannieEnCarla_0024 JannieEnCarla_0025 JannieEnCarla_0026 JannieEnCarla_0027 JannieEnCarla_0028 JannieEnCarla_0029 JannieEnCarla_0030JannieEnCarla_0031 JannieEnCarla_0032 JannieEnCarla_0033 JannieEnCarla_0034 JannieEnCarla_0035 JannieEnCarla_0036 JannieEnCarla_0037 JannieEnCarla_0038 JannieEnCarla_0039JannieEnCarla_0040 JannieEnCarla_0041 JannieEnCarla_0042


Advies vir ander paartjies:

 Vir die wat self hul troue gaan betaal (soos ons) is dit belangrik om vroeg al ‘n begroting op te stel en om daarby te probeer hou. Vir die wat ‘n selfdoen troue doen (soos ons) is dit belangrik om vroeg al ‘n behoorlike “To-Do” lys op te stel. Prioritiseer en herinner jouself gereeld wat belangrik is. Neem een stap op ‘n slag om stres te verminder. Daar is verskriklik baie stappe en dit help nie om te veel op eenslag te probeer doen nie. Maak jou trou afsprake soveel pret as moontlik, onthou die hele proses kan “pret” wees … nie net jou troudag nie. Moenie bang wees om vrae te vra nie. Hoe meer jy weet, hoe meer ingelig kan jou besluite wees. “Keep it simple” … hoe eenvoudiger dit is, hoe minder dinge kan verkeerd gaan.

As dit kom by die groot dag:
  • Probeer so min as moontlik stres
  • Wees teenwoordig in elke oomblik
  • Neem tyd om die dag te geniet
  • Onthou om te eet

JannieEnCarla_0043 JannieEnCarla_0044 JannieEnCarla_0045 JannieEnCarla_0046 JannieEnCarla_0047 JannieEnCarla_0048JannieEnCarla_0049 JannieEnCarla_0050 JannieEnCarla_0051 JannieEnCarla_0052 JannieEnCarla_0053 JannieEnCarla_0054 JannieEnCarla_0055 JannieEnCarla_0056 JannieEnCarla_0057


Diensverskaffers: