Jaco & Liza-Mari se oulike verlowing foto sessie

Jaco en Liza-Mari is ‘n besonderse oulike paartjie en Jaco was vreeslik kreatief op die manier hoe hy Liza-Mari gevra het om te trou. Lees gerus hieronder.

Ons sê baie dankie aan Elsa van e.Late Photography wat die paartjie se liefde op kamera vasgevang het sodat ons dit vandag met jul kan deel.  Ons sien uit om binnekort hul trou fotos ook dalk met jul te kan deel.


JacoenLizaMari_0001JacoenLizaMari_0002 JacoenLizaMari_0003 JacoenLizaMari_0004


Hoe het julle ontmoet?

Ons het deur gemeentskaplike vriende ontmoet een aand by ‘n kuier.  Ek het dadelik geweet daar is iets spesiaals aan haar.  Die pragtige vrou met die borrelende persoonlikheid.  Hier moet ek ‘n plan maak, het ek vir myself gesê.

Ek het dit duidelik gemaak dat sy weet ek stel belang, maar ongelukkig was sy op daardie stadium in ‘n verhouding.  Ons paaie het geskei tot ons mekaar na byna ‘n jaar weer raak geloop het.  Hierdie keer was die tyd reg gewees vir ons, altwee enkel lopend. Vyf maande later trek sy Hermanus toe en nog sewe maande daarna vra ek haar om met my te trou.


JacoenLizaMari_0006 JacoenLizaMari_0007 JacoenLizaMari_0008 JacoenLizaMari_0009 JacoenLizaMari_0010 JacoenLizaMari_0011


Hoe het jy haar gevra om te trou?

5 Februarie 2015 – Ek het ‘n ou glas botteltjie by die huis ontdek en ‘n boodskap geskryf wat ek daarin gesit het.  Met hulp van haar vriendin het ons dit op die strand gaan begrawe waar dit lyk of dit uitgespoel het.  Ek het gewag tot sy klaar gewerk het toe gaan stap ons langs die see af.  Sy het op die bottel afgekom, boodskap oopgemaak en gelees “Liza-Mari Diedericks sal jy met my trou?”.  Ek het op my knie gegaan en sy het “JA” gesê.


JacoenLizaMari_0012 JacoenLizaMari_0013 JacoenLizaMari_0014 JacoenLizaMari_0015 JacoenLizaMari_0016


Waar trou julle?

De Oudekraal.  Baie oulike plek naby Stanford, baie natuurlik.


JacoenLizaMari_0017 JacoenLizaMari_0018 JacoenLizaMari_0019


Diensverskaffers:

Fotograaf:  e.Late Photography