TV REEKS VOLG BRUIDE EN HUL STROOIMEISIES

Strooimeisie logo


 

Strooimeisie is ‘n opwindende nuwe TV reeks wat vervaardig word vir Media 24 se nuwe TV kanaal. Elke halfuur episode volg voornemende bruide wat strooimeisies kies, met die gebruiklike intriges en drama wat tipies hiermee gepaard kan gaan. Ons is op soek na ‘n diverse groep voornemende bruide om in te skryf vir deelname aan die reeks. Pryse en trougeskenke is op die spel, asook ‘n gratis kort trouvideo van die groot dag.

Skryf dan in en laat jou droom waar word! Jou strooimeisies sal ook benodig word. Ons wil vir hulle uitdagings gee waarop jy hulle gaan beoordeel. Pryse en trougeskenke is op die spel, asook ‘n gratis kort trouvideo van die groot dag. Ons soek ‘n groot verskeidenheid van paartjies, so almal is welkom om aansoek te doen.

Kriteria vir kandidate:
  • Afrikaans magtig, nie noodwendig jou eerste taal nie
  • Troue moet plaasvind tussen Desember 2015 en September 2016.
  • Troue moet plaasvind in Kaapstad en omliggende areas, binne ‘n radius van 150 kilometer vanaf Kaapstad

Vir meer inligting om in te skryf, kontak ons op via@okuhle.co.za, gebruik die woord STROOIMEISIE as onderwerp