Oranje geïnspireerd gestileerde fotosessie

Wat was die inspirasie agter die fotosessie?

Ons inspirasie was oranje en al sy skakerings en komplimentêre kleure. Ons het gekonsentreer op rustieke oranje en goue aksente.


OranjeFotosessie_0001OranjeFotosessie_0002 OranjeFotosessie_0003 OranjeFotosessie_0004


Vertel ons meer van die tafel?

Ons het besluit op ‘n ligte rou hout tafel en het hom met ‘n blou “Delft” tafel loper versier. Die Delft blou het die oranje perfek gekomplimenteer en ook hierdie helder kleurskema gekalmeer. Ons het goue eetgerei en breekware gebruik saam met goue kandelare. Skakering van oranje servette is geknoop om die bord vol te lê en ook om nog ‘n bron van kleur te wees op die tafel. Deli stoele het die tafel geraam en ook bygedra aan die rustieke gevoel. Die tafel is dan met skakerings van pers, oranje, wit en geel blomme opgemaak en dieselfde kleure het ook deurgekom in die kleurvolle bruidsruiker. Banksia blare is gebruik vir ‘n kroon en ruiker om die oranje gedipte rok te komplimenteer.


OranjeFotosessie_0005 OranjeFotosessie_0006 OranjeFotosessie_0007 OranjeFotosessie_0008


Hoekom het julle Langkloof Roses gekies? 

Ons het ‘n venue gesoek wat rustieke voel maar steeds ‘n skoon palet kan bied. Langkloof Roses se stoep area was perfek hiervoor en hulle bruidskamer is net so mooi vir daai regmaak fotos. Langkloof Roses is ook een van die min venues wat so n voldag se skiet vereistes sonder enige beswaar akkomodeer.


OranjeFotosessie_0009 OranjeFotosessie_0010 OranjeFotosessie_0011 OranjeFotosessie_0012


Hoekom het julle daardie spesifieke rokke gekies?

Die oranje rok is spesiaal gemaak vir hierdie gestileerde fotosessie en dit is dan ook die handewerk van Chantel de Bruyn. Sy het besluit op ‘n donker bostuk en het die romp gedeelte gedip met ‘n ombre effek in oranje.  Dit het ongelooflik mooi uitgekom en ons is mal oor hierdie pragtige en “anders” rok.  Dit is ‘n definitiewe opsie vir die meer avontuurlustige bruid.

Die pragtige wit rok is verskaf deur Ever After Bridal en hier het ons meer gefokus op ‘n spesifieke silhoeëtte. Clarita het vlegsels inkorporeer om hierdie tydlose “look” ook kontemporêr te hou.


OranjeFotosessie_0013 OranjeFotosessie_0014 OranjeFotosessie_0015 OranjeFotosessie_0016 OranjeFotosessie_0017 OranjeFotosessie_0018


Enige advies wat jy as fotograaf kan gee aan paartjies?

Of julle nou ’n verlowings fotosessie of troue beplan, my raad aan paartjies bly dieselfde. Doen goeie voorbereiding!

Hoe meer moeite en beplanning julle in die fyner besonderhede sit, hoe mooier gaan jou fotos wees. Daarmee is my bedoeling nie om baie geld te gaan spandeer nie.

Soos met ons Oranje geïnspireerde fotosessie, hoef julle nie altyd die “trend” te volg nie…doen waarvan JULLE hou! Doen wat julle harte warm maak en iets wat ’n glimlag op julle gesigte laat. Om uniek te wees is koning!

Vertrou julle fotograaf en geniet elke spesiale oomblik tydens die fotosessie!


 

OranjeFotosessie_0019 OranjeFotosessie_0020 OranjeFotosessie_0021 OranjeFotosessie_0022 OranjeFotosessie_0023 OranjeFotosessie_0024 OranjeFotosessie_0025 OranjeFotosessie_0026 OranjeFotosessie_0027 OranjeFotosessie_0028 OranjeFotosessie_0030 OranjeFotosessie_0031 OranjeFotosessie_0032


Diensverskaffers: