Ons gesels vandag met Avant Garde Weddings & Events

AvantGarde_0001


Wat is die besigheid naam?

Avant Garde Weddings & Events


AvantGarde_0002 AvantGarde_0003


Wat presies doen jou besigheid?

Avant Garde Weddings & Events lewer tydlose troues wat beplan en gekoördineer word met passie en styl. Ek werk in noue samewerking met my kliënte en verseker dat elke aspek perfek beplan word deur die begroting en konsep beplanning te koordineer en die beste diensverkaffers in die industrie aan te bied. Die troudag word in detail gekoordineer sodat die bruidspaar se trou-aspirasies in ‘n werklikhied omskep kan word.


AvantGarde_0004 AvantGarde_0005


Hoe lank is jy al in die industrie?

Ek het 6 jaar ondervinding in die industrie en my eie besighied, Avant Garde Weddings & Events, is geregistreer in 2013.


AvantGarde_0006 AvantGarde_0007 AvantGarde_0008


Ietsie intersant wat ons lesers van jou besigheid moet weet?

My passie vir die industrie, kreatiewe persoonlikheid en ingestelde oog vir ontwerpe bring voorstelle en idees na vore om die geleentheid meer uniek en spesiaal te maak.

 My dienste sluit ook in:

  • Korperatiewe funksies
  • Verjaarsdagvierings
  • Sosiale funksies
  • Jaareindfunksies

AvantGarde_0009 AvantGarde_0010


Wat doen jy as stokperdjie of om jouself besig te hou buiten jou besigheid?

Ek lees en bestudeer graag die nuutste trou, mode asook binneshuisversiering tendense. Sosiale skakels soos Pinterest speel ook ‘n rol as deel van my belange binne en buite my werk.


AvantGarde_0011 AvantGarde_0012 AvantGarde_0013 AvantGarde_0014 AvantGarde_0015


Diensverskaffers:

Fotograaf: Greg Lumley | Dekor To-Nett’s Flowers Décor & Hiring