Hein en Amarencia se plaas troue

Hein en Amarencia_0001


Plaas troues is baie gewild onder Mooi Troues lesers dus deel ons graag die troue van Hein en Amarencia met julle vandag.

Geniet die foto’s en lees wat Amarencia vertel oor haar en Hein se liefdes verhaal.


 

Hein en Amarencia_0002 Hein en Amarencia_0003 Hein en Amarencia_0004 Hein en Amarencia_0005 Hein en Amarencia_0006 Hein en Amarencia_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek en Hein is ‘n hoërskoolkys!

Ons was saam op skool en in die koshuis en was beste vriende vir sowat 2 jaar totdat ons net eendag totaal en al verlief geraak het op mekaar!

Die feit dat ons sulke goeie vriende was voordat ons in ‘n verhouding was was so voordelig, jy ken mekaar so goed dat daar net tyd is vir verlief wees. En nou is hy nogsteeeds my beste vriend, saammet wie ek elke aand ‘n ‘sleepover’ hou.


Hein en Amarencia_0008 Hein en Amarencia_0009 Hein en Amarencia_0010


Hoe het julle verloof geraak?

Dit was my verjaarsdag gewees en Hein het my op ‘n piekniek gevat, die was bo-op ‘n berg met die mooiste uitsig. Nadat ons geeet het dring Hein aan dat ons van die sjokolade eet wat hy vir my “vir my verjaarsdag” gekoop het, ek wou nie want ek was alreeds versadig van al die kos, maar hy dring toe aan dat ons NET 1 eet. Toe ek die boks sjokolade oopmaak, lê die ring in die middel op een van die sjokolade blokkies. My antwoord was natuurlik JA!


Hein en Amarencia_0011 Hein en Amarencia_0012 Hein en Amarencia_0013 Hein en Amarencia_0014 Hein en Amarencia_0015 Hein en Amarencia_0016 Hein en Amarencia_0017


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


 Ons was 10 jaar en 3 maande saam voor ons getrou het!!! Ja dit is ‘n lang tyd.. “but it was worth the wait!!”


 

Hein en Amarencia_0018 Hein en Amarencia_0019 Hein en Amarencia_0020 Hein en Amarencia_0021 Hein en Amarencia_0022 Hein en Amarencia_0023 Hein en Amarencia_0024 Hein en Amarencia_0025 Hein en Amarencia_0026


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

 

Die belangrikste advies wat ek kan gee, geniet elke liewe oomblik! Dit gaan in ‘n oogwink verby, probeer om elke oomblik in te neem en te geniet. Jy ervaar nooit weer daardie gevoel wat jy gevoel het op jou groot dag nie.

Lag, dans en kuier saammet jou gaste, bly so laat as wat jy kan, jy kan vir die res van jou lewe vroeg gaan slaap maar jy trou net 1 keer!


Hein en Amarencia_0027 Hein en Amarencia_0028 Hein en Amarencia_0029 Hein en Amarencia_0030 Hein en Amarencia_0031 Hein en Amarencia_0032 Hein en Amarencia_0033 Hein en Amarencia_0034 Hein en Amarencia_0035 Hein en Amarencia_0036 Hein en Amarencia_0037 Hein en Amarencia_0038 Hein en Amarencia_0039


Diensverskaffers:

Fotograaf: Tanya Jacobs Photography  | Onthaal: Mtonjaneni Lodge in Melmoth KZN
Blomme: Crista Harris (bruidegom se tannie) | Koek: Helene Greeff (familie vriendin)
Grimerig: Annelise van der Linde (bruidegom se niggie) & Sone van Niekerk (bruidegom se sussie)
Hare: Juane Crous (Foti’s Hair Spa Vryheid) | Plattejoggie: Pierre Pretorius
Rok: Diamond Love Bridal Johannesburg Bruidegom se pak: Edgars
Tafelplasings & tafelnommers: Pieter Bezuidenhout