Erik & Stephanie se toue, en hul Harleys

 

Die keer vertel ‘n bruidegom ons oor hul liefdes verhaal…en watter mooi liefdes verhaal is dit nie.

Erik en Stephanie het hul persoonlikhede by hul troue in gebring,  Hul het by Glenburn Lodge getrou en hul Harley motorfietse was deel van dié groot dag.

Ons gaan nie meer sê nie, lees eerder self die paartjie se storie.

StephanieEnErik_0001 StephanieEnErik_0002 StephanieEnErik_0003 StephanieEnErik_0004

Hoe het jul die eerste keer ontmoet?


Wel, dit hang af vir wie jy vra!

Vir my was dit toe ek na ons maatskappy se Bedfordview kantoor toe gegaan het vir ‘n ‘team build’.  Ek het so lekker met Stephanie gepraat en uitgevind dat ons so baie in gemeen gehad het, ons was al by vegetariërs, Stephanie het gedink dit was net ‘n slegte “pick up line”.  Ons hou albei van Xbox, Harley Davidsons, Perde, fietsry en stap!  As jy vir Stephanie vra was dit toe sy hoofkantoor toe gekom het vir ‘n presentasie en in my ys blou oë vasgekyk het toe ek op die paneel van veroordelaars gesit het.

Ek moes meer as 6 keer vir Stephanie vra om saam met my op ‘n Harley rit te gaan en sy het eers ja gesê, toe ek gesê het dit is ‘n nasionale Speelgoed uitry na Benoni vir onbevoorregte kinders.

Dit was ongelooflik oor hoe goed ons oor die weg gekom het … Ons was verlief na daardie dag!

StephanieEnErik_0005 StephanieEnErik_0006 StephanieEnErik_0007 StephanieEnErik_0008 StephanieEnErik_0009

Hoe het jul verloof geraak?


Toe ek uit eindelik Stephanie kon neer trek, het ek en haar dogter ‘n verrassing van ‘n verlowing beplan.  Ons het die dag lank vooruit beplan.  Later die dag gekanselleer, want die weer was sleg en die wind het gewaai soos nog iets.  Ek het 30 minute voor die tyd weer besluit om voort te gaan.  Ek het stoele, tafels en kos in die kar gepak, in die bos ingery en daar op die plaas waar ons bly, op ‘n koppie, ‘n ‘Out of Africa’ piekniek gedek met tafeldoeke, lanterns, kerse en stoele.

Ek het vir Stephanie op ‘n uitstappie gevat, die bos in … sy het niks besef nie.  Toe ons om die draai kom was die kerse aan die brand en dit het ‘n paadjie uit gewys na die piekniek plekkie toe.. dit was pragtig!  Jessica, haar dogter, het agter a klip uit gespring en het die hele storie op kamera vas gevang… ek was op my knie en het die vraag gevra.  Dit was JA!

StephanieEnErik_0010 StephanieEnErik_0011 StephanieEnErik_0012 StephanieEnErik_0013 StephanieEnErik_0014 StephanieEnErik_0015

Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?


Ons was een jaar saam en 6 maande verloof voor ons getroud is.

StephanieEnErik_0016 StephanieEnErik_0017 StephanieEnErik_0018 StephanieEnErik_0019 StephanieEnErik_0020 StephanieEnErik_0021 StephanieEnErik_0022 StephanieEnErik_0023 StephanieEnErik_0024 StephanieEnErik_0025 StephanieEnErik_0026

Advies wat jul aan ander paartjies kan gee?


Dit is ‘n moeilike een.  Vir ons was dit, wees genadeloos met die uitnodigings, onthou dit is julle dag, nooi net die mense wat vir jou belangrik is en wat in jou belang stel en wat julle liefde wil deel, moet nie uitnooi omdat dit verwag word nie. Doen ‘n paar van die versierings of ‘dankie geskenkies’ self … dit is pret om met jou verloofde saam iets te doen vir julle troue.  Laastens probeer julle persoonlikhede in die troue in bring.. vir ons was dit om ons Harley’s saam te vat .. ons het self saam op die een, met rok en al terug gery na die onthaal toe na die fotos geneem was.

Dit was ‘n sprokies troue wat ons nooit sal vergeet nie. “Happily Ever After!”

StephanieEnErik_0028 StephanieEnErik_0029 StephanieEnErik_0030 StephanieEnErik_0031 StephanieEnErik_0032 StephanieEnErik_0033 StephanieEnErik_0034 StephanieEnErik_0035 StephanieEnErik_0036 StephanieEnErik_0037

Diensverskaffers

  • Fotograaf: Carolien en Ben
  • Venue: Glenburg Lodge
  • Dekor en blomme: Petals & Pastels
  • Koek: Anmerie Van Der Berg
  • Predikant:  Chris De Wet
  • Musiek: Starry Night “DJ Roy”