Deon & Engela se troudag

Deon en Engela se troudag was by die mooie Groenrivier trou plek gevier.   Engela het ook ‘n besonderse mooi rok van Ilse Roux gedra.   Deon het ook op ‘n baie oulike en romantiese manier vir Engela gevra om te trou.


DeonEnEngela_0017DeonEnEngela_0001 DeonEnEngela_0002 DeonEnEngela_0003 DeonEnEngela_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Deon was vir sy eerste 2-3 jaar na skool in Londen. In 2009 het Deon vir ‘n tydjie kom kuier en ons het mekaar in Nu’Bar ontmoet saam met sy vriende wat ek ook geken het. Toe ek die outjie met die mooiste glimlag ooit sien het ek gedink hy is nogal oulik, maar Deon was toe ‘n regte student, soms nog steeds soos die gesegde sê “boys will be boys.” 3 jaar het verby gegaan en ons kuier mekaar weer raak in ‘n kuierplek in Durbanville. Deon het my BBM pin gevra en ons het toe begin gesels.


DeonEnEngela_0005 DeonEnEngela_0006 DeonEnEngela_0007 DeonEnEngela_0008 DeonEnEngela_0009 DeonEnEngela_0010 DeonEnEngela_0011 DeonEnEngela_0012 DeonEnEngela_0013


Hoe het julle verloof geraak?

Deon het Saterdag die 31ste Mei 2014 in Paternoster, toe ons 2 jaar saam was, met son sak my hand gevat en ‘n entjie langs die strand gaan stap. Toe ek weer sien het hy ‘n glas bottel met ‘n briefie daarin, in sy hand en sê ek moet die briefie hardop lees. Hy gaan toe op sy knie en vra “sal jy die res van jou lewe saam met my spandeer…” Ons het toe ‘n klein botteltjie Champagne gedrink, vir mekaar ‘n briefie geskryf om in die botteltjie te sit, en dit in die see gegooi.


DeonEnEngela_0014 DeonEnEngela_0015 DeonEnEngela_0016 DeonEnEngela_0017 DeonEnEngela_0018


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het? 

In totaal van uitgaan tot trou was ons 2 jaar en 11 maande saam. Ons was 9 maande verloof.


DeonEnEngela_0019 DeonEnEngela_0020 DeonEnEngela_0021 DeonEnEngela_0022 DeonEnEngela_0023 DeonEnEngela_0024 DeonEnEngela_0025 DeonEnEngela_0026 DeonEnEngela_0027 DeonEnEngela_0028 DeonEnEngela_0029 DeonEnEngela_0030 DeonEnEngela_0031


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

 Hou vir Jesus altyd as die belangrikste in julle verhouding/lewe. Wees van die begin af altyd jouself. Die persoon wat jou lief het hou van jou nes jy is.


DeonEnEngela_0032 DeonEnEngela_0033 DeonEnEngela_0034 DeonEnEngela_0035 DeonEnEngela_0036 DeonEnEngela_0037 DeonEnEngela_0038 DeonEnEngela_0039 DeonEnEngela_0040 DeonEnEngela_0041 DeonEnEngela_0042 DeonEnEngela_0043 DeonEnEngela_0044


Diensverskaffers