Louis & Antoinette se feestelike Franse mark troue

Ons deel graag met jul die troue van Antoinette en Louis.  Lees onder meer oor hoe Louis vir Antoinette onverwags gevra het om te trou en hoe sy reageer het.


Antoinette en Louis_0001Antoinette en Louis_0002


Hoe het julle die eerste keer ontmoet? 

Ons het in Stellenbosch ontmoet in 2011 waar die bruidegom ‘n wynmaker was by Camberley wynplaas. Die bruid, ‘n toergids, het die plaas op ‘n gereelde basis besoek met gaste. In Desember 2011 voel die meisie baie alleen, aangesien sy as toergids moes werk en al haar vriende was uitstedig met vakansie. Sy het gedink: Miskien moet sy daardie blou oog wynmakertjie van Camberley nooi vir sushi en ‘n glas wyn? Het het binne sekondes ja gesê! So het daardie aand verander in nog menigte aande van “leer mekaar ken” voor hulle offisieel begin uitgaan het, na ‘n lang jaar van “beïndruk” van Louis se kant af.


Antoinette en Louis_0003 Antoinette en Louis_0004 Antoinette en Louis_0005 Antoinette en Louis_0006


Hoe het julle verloof geraak?

Op 27 Augustus 2014 het ek en Louis by Waterkloof Wynplaas gestop vir ‘n toergids funksie, ‘n gereelde okkasie in my lyn van werk.

Die parkeer area was leeg met geen ander gaste in sig nie, dus het dit my nuuskierigheid effe beïnvloed. Die Waterkloof personeel het ons verseker dat hulle alles baie persoonlik doen en toe vertrek ons op ‘n privaat wingerd toer met Nadia, die wynmaker. Later verander dit in ‘n kerldertoer en met Nadia wat moes hardloop vir ‘n noodgeval by die bottelerings aanleg, word ons alleen gelaat in die vate kelder. Louis het gesê: “Kom ons loop ‘n bietjie” en net om die draai was ‘n gangetjie van kersies en hangende pienk hout woorde wat se: “Ant, trou met my?” Ek het amper op my rug geval. Louis het op een knie neergesak met ‘n ring, maar ek was so oorweldig dat ek hom gestop het en gesê het ek wil eers als inneem. Hy het heeltemal verstaan en my tyd gegee om die bos blomme en Franse bottel champagne raak te sien en te geniet, voor hy weer kon vra: “Sal jy met my trou?” en natuurlik het ek JA gesê en hom ‘n groot soen gegee! Hierna het ons middagete by die Waterkloof restaurant met hulle asemrowende uitsig geniet en die aand by Old Mac Daddy in Grabouw oorgebly.


Antoinette en Louis_0007 Antoinette en Louis_0008 Antoinette en Louis_0009 Antoinette en Louis_0010


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Presies 3 jaar en 5 maande vanaf ons eerste sushi aand tot ons troudag.


Antoinette en Louis_0011 Antoinette en Louis_0012 Antoinette en Louis_0013 Antoinette en Louis_0014 Antoinette en Louis_0015 Antoinette en Louis_0016 Antoinette en Louis_0017 Antoinette en Louis_0018 Antoinette en Louis_0019


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Fokus julle besluitneming op julle self en wat julle wil hê. Gee jouself genoeg tyd en werk aan alles bietjie vir bietjie.  Stel doelwitte en grenslyne saam met jou lysies. Vind uit oor klein goedjies van jul venue – presies wat is ingesluit en wat is nie. Dink “uit die boks” en maak seker jou troue reflekteer julle persoonlikhede, aangesien die dae van tradisies verby is. Maak dit ‘n naweek troue as julle kan, siende dat ons familie braai die aand vooraf werklik kosbaar was. Neem dit als in, deur net te fokus op elke detail deur die aand. As jy goed voorbereid is, sal dit voel of jy ‘n gas is by jou eie troue!


 

Antoinette en Louis_0020 Antoinette en Louis_0021 Antoinette en Louis_0022 Antoinette en Louis_0023


Het jy ‘n Vidoegraaf gehad?

Ja ons het gebruik gemaak van Jacques van Guava Graphics.


Antoinette en Louis_0024 Antoinette en Louis_0025 Antoinette en Louis_0026 Antoinette en Louis_0027 Antoinette en Louis_0028 Antoinette en Louis_0029 Antoinette en Louis_0030 Antoinette en Louis_0031 Antoinette en Louis_0033 Antoinette en Louis_0034 Antoinette en Louis_0035 Antoinette en Louis_0036 Antoinette en Louis_0037 Antoinette en Louis_0038 Antoinette en Louis_0039 Antoinette en Louis_0041


 Diensverskaffers: