Ons gesels met Sonje Ludwick

 

Hoe het jy jou fotografie loopbaan begin?

Ek is van ‘n jong ouderdom deur my ma aan kuns blootgestel en aangemoedig om dit te beoefen.  Ek kon altyd ‘n ‘prentjie’ sien wat ‘n mooi foto kan maak, maar het nooit geweet hoe om dit af te neem sodat dit uitkom soos wat ek dit in my geestesoog sien nie, dis toe ek besluit om fotografie te studeer.  Ek was gelukkig genoeg om dadelik te ontdek wat ek graag met my fotografie loopbaan wil doen.  Gedurende my studies het ek reeds begin fokus op kleiner foto sessies en troues.  Ek’t dadelik verlief geraak op al die emosies en mooi wat hand in hand met troues gaan, en so het ek meer en meer troues begin afneem, meer geleer en my styl ontwikkel tot waar dit vandag is.


Sonje Ludwig_0001Sonje Ludwig_0002 Sonje Ludwig_0003


Wat presies neem jy alles af?

Ek spesialiseer hoofsaaklik in troues maar geniet dit ook om verlowings en familie foto sessies te doen.  Wanneer ek die tyd en geleentheid het is ek mal oor gestileerde fotos sessies.


Sonje Ludwig_0004 Sonje Ludwig_0005 Sonje Ludwig_0006 Sonje Ludwig_0007


Vertel ons bietjie meer van jouself, waarvan jy hou en wat jy van hou om te doen in jou vryetyd?

Wanneer ek ‘n af tydjie het geniet ek dit om te gaan kamp en bietjie weg te breek saam met my ander helfte, of nuwe plekke te ontdek, hetsy dit ‘n unieke eetplek is, ‘n mooi wynplaas of interessante winkeltjies.  Ek is baie lief vir ons twee hondjies en spandeer so veel moontlik tyd met hulle.  Hulle is my lewe en slaap by my in die bed!  Ek kan nie sonder musiek nie en luister amper altyd musiek, veral wanneer ek besig is om fotos te wysig.


Sonje Ludwig_000859Sonje Ludwig_0009


Waar sal jy graag nog in die toekoms troues wil afneem?

Die Wes-Kaap lê my na aan die hart, maar sal baie graag nog in die Oos-Kaap asook KwaZulu-Natal fotos wil neem.  Ek wil ook bitter graag iewers in ‘n wildtuin ‘n troue afneem.  Plekke soos Namibië, Botswana en Lesotho is beslis ook op my ‘bucket list’.


Sonje Ludwig_0010 Sonje Ludwig_0011 Sonje Ludwig_0012 Sonje Ludwig_0013


Enige brokkie advies wat jy kan gee aan trou paartjies?

Beplanning en kommunikasie is ongelooflik belangrik.  Ek dink elke diensverskaffer is ewe belangrik op die troudag, elkeen speel ‘n rol om die dag spesiaal en onvergeetlik te maak, maar die fotograaf is die een wat dit moet vasvang.  Maak seker dat die fotograaf genoeg tyd het om elke deel van die dag af te neem en vat jou fotograaf se voorstelle ter harte.  Stuur vir julle fotograaf ‘n program wat aandui hoeveel tyd hy/sy het vir elke deel van die dag en wanneer gaan wat gebeur.  Hoe meer inligting julle die fotograaf kan verskaf, hoe beter!  As julle ‘n troue reël op ‘n beperkte begroting, boek eerder meer ure en los bv. die foto album.  Dek eerder alles van die dag en weet julle het die fotos en spaar dan om later ‘n album te kry.  Jy kan nie weer fotos van ‘m oomblik wat verby is kry nie, maar ‘n album kan jy wel later kry.  Makliker gesê as gedoen, maar probeer ontspan op jul troue, moenie te veel stres nie.  Die dag vlieg ongelooflik vinnig verby, geniet dit net en geniet die tyd saam met jou naastes, en natuurlik, jou ander helfte!


Sonje Ludwig_0014 Sonje Ludwig_0015


Hoe kan ons lesers jou kontak?

Kontak Sonje Ludwick hier:


Sonje Ludwig_0016