Lu Clue & Christelle se troue

Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0001


Ons deel graag vandag met jul die lefdesverhaal en troue van Lu Clue en Christelle.

Ons hou baie van die troue se dekor, onthaal saal en die strooijonkers is baie oulik.

Hoop jul vind baie inspirasie hier onder.


Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0002 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0003


Hoe het julle die eerste keer ontmoet? 

Op ons eerste jaar van universiteit het ons koshuise saam “gesleep” en daar het ek vir Le Clue raakgesien. Ek het die hele jaar die kat mooi uit die boom gekyk.  Teen ons dinee tyd in Oktober het ek die moed bymekaar geskraap om hom te vra na my koshuis dinee toe.  Hy het nie eintlik geweet wie ek is nie, maar hy het ingestem om saam met my te gaan.  Daardie aand het maar stil begin, maar deur die loop van die aand met al die gesels het Le Clue sy hart op my verloor.


Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0004 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0005 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0006 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Le Clue het ‘n hele dag se avontuur beplan.  Ek is die oggend wakker gemaak met ontbyt in die bed.  Daarna was ons na The Big Red Barn toe en die hoë-toue baan aangepak, toe is ons Harties toe waar ons vir ‘n vol-lyf massering gegaan het en daarna moes hy gou ‘n “kliënt” gaan sien by ‘n lodge.  Daar aangekom het ek koffie gedrink en hy is in in die “vergadering” met die kliënt.  Die ontvangs het my toe kom haal en gesê ek moet saam met die manne ’n skemerkelkie gaan drink, hulle het my toe in ‘n safari bakkie afgevat na ‘n private veranda area waar Le Clue toe die hele dek met roosblare bestrooi het en na ‘n hele vraelys oor of ek die dag geniet het, uiteindelik die vraag gevra en ek het sonder huiwer JA  gesê.


Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0008 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0009 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0010 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0011 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0012 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0013


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

5 jaar, 2 maande en 24 dae.


Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0014 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0015 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0016


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Lag oor die klein dingetjies in die lewe, moet nie alles te ernstig opvat en mekaar heeltyd

probeer verander nie.  Maak tyd om met mekaar te gesels, tyd saam te spandeer en om iets

lekker en buite mens se gemak-sone te doen.  Mens leer baie van mekaar deur saam te gaan

kamp, en geen selfoon op-vangs, of ‘n TV te hê nie.  Hou God die middelpunt van julle verhouding.


Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0017 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0018 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0019 Le Clue en Christelle se troue soos op Mooi Troues_0020


Diensverskaffers