JM & Carla se pragtige troudag

JM en Carla_0001


Ons is opgewonde om vandag met jul die pragtige trou van JM en Carla met jul te deel.

Hul deel met ons hoe hul ontmoet het en later verlief geraak het.

Ons gaan nie te veel verklap nie en jul moet die foto’s en storie geniet.


JM en Carla_0002 JM en Carla_0003 JM en Carla_0004 JM en Carla_0005


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het ontmoet by ‘n vriend se huis in Mosselbaai. Dit was glad nie liefde op die eerste Oogopslag nie! Ons het eintlik nie regtig van mekaar gehou toe ons ontmoet het nie. Omtrent 3 maande later het ons mekaar weer raakgeloop en kontak behou. Ons het nie in dieselfde dorp gebly nie so het maar telefonies mekaar gekontak. Dis toe wat ons besef het ons is mal oor mekaar en ons het baie in gemeen! Ons het gou-gou plannetjies gemaak om by mekaar te gaan kuier en van daar af was ons onafskeidbaar.


JM en Carla_0006 JM en Carla_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Ons was vir die naweek in Kaapstad en JM het toe met die idee gekom om Tafelberg toe te gaan. Ek het geensins iets vermoed nie, nie een van ons was al voorheen daar nie, so ek was baie opgewonde. JM se gedrag was vreeslik vreemd die hele dag, ek kon dadelik sien hy was nie homself nie. Ons het eers iets geëet en toe die berg plat gestap. Net voor ons op pad uit was het JM gesê ons moet een laaste draai loop… Al half moedeloos gestap het ek redelik teësinnig ingestem. JM het aan my gesê ek moet bietjie deur die teleskoop kyk hoe pragtig die uitsig is. Terwyl ek my verwonder het aan die pragtige uitsig, het hy na my geroep om om te draai. Ek draai om, en  daar is hy op sy knie met ‘n ring in sy hand en vra hy my om te trou. Die ene trane het ek dadelik gesê JA!


JM en Carla_0008 JM en Carla_0009 JM en Carla_0010 JM en Carla_0011 JM en Carla_0012 JM en Carla_0013


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het? 

Ons was op ons troudag presies 6 jaar saam en presies 6 jaar terug op ons troudag was ons op ons eerste afspraak by dieselfde venue as waar ons getrou het.


JM en Carla_0014 JM en Carla_0015 JM en Carla_0016 JM en Carla_0017 JM en Carla_0018 JM en Carla_0019


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Ons glo ‘n verhouding bestaan uit drie pilare. Respek, vertroue & kommunikasie. Die een kan nie sonder die ander nie. En ons goue reël is moet nooit kwaad gaan slaap vir mekaar nie.


JM en Carla_0020 JM en Carla_0021 JM en Carla_0022 JM en Carla_0023 JM en Carla_0024 JM en Carla_0025 JM en Carla_0026 JM en Carla_0027 JM en Carla_0028 JM en Carla_0029 JM en Carla_0037 JM en Carla_0038 JM en Carla_0039 JM en Carla_0040 JM en Carla_0041


Diensverskaffers:

1 Comment

Comments are closed.