Danie & Marilieze se selfdoen troue

Elaine Otto van Elaine Otto Photography het dié mooi doen-dit-self troue vas gevang op asemrowende mooi kiekies.  Ons weet hoe baie jul van doen-dit-self troues hou en dus is ons baie opgewonde om dit met jul te deel.  Marileze en Danie deel ook albei graag hul storie oor hoe hul tot troue gekom het.


Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0002 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0003 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0004 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0005 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0006


Hoe het jul die eerste keer ontmoet? 

Marileze:
Ek het hom gesien voor ‘n dans plek in George. En ‘n paar maande daarna in Pick ‘n Pay.  Op die ou einde het vriende ons amptelik  voorgestel by ‘n braai in die vorm van ‘n “blind date” nadat hulle al baie lankal wou.

Danie:
Ons eerste ontmoeting was by ‘n braai, “blind-date” soos ons goeie vriende dit sou noem. Maar die eerste ontmoeting was nie naastenby so wonderlik soos die eerste keer wat ek haar gesien het nie, in PnP. Ek het van daai dag af geweet dis die vrou wat ek wou trou. Die eerste ontmoeting het eers maande later gebeur.


Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0007 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0008 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0009


Hoe het jul verloof geword?

Marileze:
Hy het my geneem bo op ‘n berg en in die agtergrond was daar ‘n dam wat in die vorm van ‘n hart was. Daar het hy op sy knieë gegaan met die woorde : Ek wil vir  ewig so saam met jou wees…

Danie:
Ons het verloof geraak op die heel hoogste punt van die Outeniqua berg wat George omhein. Dit was ‘n baie koue winters oggend, ek onthou ek het gemaak of ek iets verloor het in die bos en toe sy kom kyk wat aangaan het ek op my knieë gegaan en haar gevra om te trou.


Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0010 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0011 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0012 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0013 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0014 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0015 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0016 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0017 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0018


Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het:

Marileze:
3 jaar en 4 maande

Danie:
Ons was ‘n goeie drie jaar saam voor ons getrou het.


Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0019 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0020


Advies wat jul aan ander paartjies kan gee:

 Marileze:
Wees saam kreatief en doen dit self!

Danie:
Vir toekoms – doen alles saam, moet niks vir mekaar weg steek nie en wees eerlik.
Vir trou – kry iets om op vastebyt en bly by die vooraf bespreekte reels, veral by gaste.


Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0021 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0022 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0023 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0024 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0025 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0026 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0027 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0028 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0029 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0030 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0031 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0032 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0033 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0034 Danie & Marileze se troue soos op www.mooitroues.co.za_0035


Diensverskaffers: