Vroeër 1900’s geïnspireerde gestileerde foto sessie

Wedding Styled Shoot_0001


Vandag deel ons met jul die tweede gestileerde foto sessie van 6 en die span was die wenners. Die 6 spanne het ingeskryf vir ‘n Mooi Troues kompetisie. Ons deel die foto sessies met jul in geen spesifieke volg orde. Hoop jul word goed geïnspireerd deur die foto sessies.


Wedding Styled Shoot_0002 Wedding Styled Shoot_0003 Wedding Styled Shoot_0004 Wedding Styled Shoot_0005 Wedding Styled Shoot_0006 Wedding Styled Shoot_0007 Wedding Styled Shoot_0008


Vertel ons bietjie van die plek van die foto sessie

Oak House is geleë in die klein myners dorpie, Cullinan, Noord-Oos van Pretoria.  Die dorp is propvol natuurlike en estetiese skoonhede, wat Oak House die perfekte venue maak waar mens beide die historiese asook die kulturele waardes van Pretoria se diamante kan beleef.  Oak House is gebou in die vroeë 1900’s vir die algemene bestuurder van die diamantmyn.


Wedding Styled Shoot_0009 Wedding Styled Shoot_0010


Vertel ons meer oor die gestileerde foto sessie

Die tema vir ons gestileerde fotosessie is geïnspireer deur die huidige winter seisoen, asook die geskiedenis ryke dorp en Oak House. Ons wou die tydlose glans van die vroeë 1900’s asook 2015 se kleur van die jaar nl, Marsala, weerspieël in ons keuse van tema.  Ons het gebruik gemaak van hedendaagse modes deur middel van die 3-laag troukoek, asook van pastel kleure. Dit is gekombineer  met ‘n dramatiese gevoel wat sterk deurkom in ons skryfbehoeftes, grimering en hare van ons model asook die teksture en verskillende materiale wat gebruik is. Die kombinasie van kant, pêrels, silwer en pels beklemtoon die tydlose gevoel wat ons wou skep. Die bok horings gee verseker ‘n “wow” aspek aan ons tema en pas perfek in saam met ons dramatiese gevoel. Meeste van die ou silwerware is oorspronklike stukke uit die vroeë 1900’s.


Wedding Styled Shoot_0011 Wedding Styled Shoot_0012 Wedding Styled Shoot_0013 Wedding Styled Shoot_0014 Wedding Styled Shoot_0015 Wedding Styled Shoot_0016 Wedding Styled Shoot_0017 Wedding Styled Shoot_0018 Wedding Styled Shoot_0019 Wedding Styled Shoot_0020 Wedding Styled Shoot_0021 Wedding Styled Shoot_0022 Wedding Styled Shoot_0023 Wedding Styled Shoot_0024 Wedding Styled Shoot_0025 Wedding Styled Shoot_0026


Diensverskaffers: