Pienk en Blou waterverf skryfbehoeftes

Oh Yay_0001


Oh Yay deel met jou die mooiste Pienk en Blou trou skryfbehoeftes vir jou dag. ‘n Laser gesnyde hartjie maak deel uit van die uitnodiging, net om daardie ekstra detail te gee. Ons is mal oor die verskillende kleur agtergronde wat gebruik is as deel van die skryfbehoefte ontwerp. Die Pienk waterverf gekleurde agtergrond laat die skryfbehoeftes sag, maar nog steeds elegant voel. Die Blou skep ‘n meer formele en luuks gevoel. Geniet die oulike skryfbehoeftes.


Oh Yay_0002 Oh Yay_0003