Ons gesels met Louisa van Zest Music

Zest Music_0001


Wanneer het jy begin met jou musiek loopbaan?

Ek het op agtjarige ouderdom begin met blokfluit lesse en baie gou oorgegaan dwarsfluit toe.  As skoolkind het ek al geweet ek gaan musiek my loopbaan maak en ek het dit geniet om te werk daaraan.  Die jeugorkeste waarin ek gespeel het was ook ‘n ongelooflike dryfveer wat my aangemoedig het om te presteer op jeug kompetisies en ander platforme wat beskikbaar is vir jong kunstenaars. Dit het my al die pad tot in Londen geneem waar ek my MMUS voltooi het by die Royal College of Music. Hierdie jaar speel ek al vir 19 jaar dwarsfluit!


Watter instrumente speel jy alles?

Ek speel beide dwarsfluit en saksofoon op professionele vlak en speel ook ‘n bietjie klavier.  My nuutste uitdaging is om die ‘penny whistle’ te speel in die nuwe  Kaapstad Opera produksie ‘The Merry Widow of Malagawi’. Ek moes baie vinnig leer om in ‘n Afrika styl te speel en het vir ure na opnames van Mango Groove geluister om my te help.


Zest Music_0002


Watter genre musiek is jou persoonlike gunsteling?

Ek moet bieg, ek het glad nie ‘n gunsteling nie.  Vir my kan enige genre goed of sleg wees afhangend van die kwaliteit en die verbeelding van die kunstenaar. Natuurlik het ek die grootste deel van my lewe deurgebring met kuns musiek, maar ek geniet ook goeie populere genres. Ek dink my gunsteling musikant is Paul Simon, omdat hy so ongelooflik goed daarmee om verskillende style te inkorporeer en nog steeds ‘n outentieke klank te behou.


Watter ander stokperdjies het jy waarmee jy jouself besig hou in jou vrye tyd?

Ek is verskriklik lief vir lees, woordspeletjies en yoga. Ek is ook baie lief vir teater en gaan kyk gereeld na produksies in en om Kaapstad. Dit is vir my baie inspirerend om te sien hoe ander kunstenaars op die verhoog  optree.


Zest Music_0003


Advies vir toekomstige bruidspaartjies wat musiek by hulle troues wil hê?

Maak seker die musikante wat julle gebruik professioneel is en dat hulle die tipe mense is wat net so toegewyd is aan die sukses van die dag as wat julle is. Moenie bang wees om te vra oor hulle agtergrond en kwalifikasies nie.  ‘n Goeie musikant sal ook eerlik wees oor wat moontlik is. Partykeer het paartjies ‘n romantiese idee in hulle kop wat nie noodwendig by die realiteit pas nie. Ek het dikwels paartjies wat vir my vra om ‘n solo cello of viool to bespreek, maar ek beveel dit nie aan nie. Die klank raak baie vining eentonig en die arme instrumentalis raak vreeslik vining moeg van die ekstra inspanning. End an heel laaste – vertrou ons!


Ietsie ekstra

Ek hou daarvan om vir ‘n bruid ‘n spesiale liedjie op te spoor en dit te verwerk vir een  van my ensembles. Ek het onlangs dieselfde gedoen met ‘A thousand years’ deur Christina Perri en dit op youtube gesit – die bruid was verskriklik opgewonde!


Zest Music_0004


Diensverskaffer:

Musiek: Zest Music

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *