Ons gesels met That Little Shop

Hoe het That Little Shop begin?

Mika het na haar eie troue ’n gaping in die mark gesien vir doen-dit-self en bruide met ‘n streng begroting. Daar was bykans geen trou items aanlyn vir partytjies in 2010 toe sy getrou het nie.  Teen einde 2012 het sy een van elke produk gekoop wat sy gedink het goed sal verkoop en dit als afgeneem. Die webwerf het in April 2013 aanlyn gegaan en in die laaste twee jaar het die span gegroei tot 5 voltydse mense en ’n paar kontrakteurs.


That Little Shop Online Wedding Shopping_0001That Little Shop Online Wedding Shopping_0002 That Little Shop Online Wedding Shopping_0003 That Little Shop Online Wedding Shopping_0004


Wat presies doen That Little Shop?

That Little Shop bestaan uit ’n klein span wat produkte voorsien vir alle soorte partytjies en geleenthede. Ons leuse is “Die klein dinge vir die groot gebeurtenisse in jou lewe”. Ons ontwerp en maak ’n reeks van ons eie produkte, insluitend hessian servet ringe, swartborde, bunting, koek beeldjies, bamboes en eco-vriendelike produkte, ens. Dan is ons ook groot ondersteuners van klein besighede in Suid-Afrika en herverkoop ’n verskeidenheid van meer as 3000 produkte vir partytjies, insluitend glasware, lanterns en papier produkte.


That Little Shop Online Wedding Shopping_0005 That Little Shop Online Wedding Shopping_0006 That Little Shop Online Wedding Shopping_0007 That Little Shop Online Wedding Shopping_0008


Waar kan ons lesers julle produkte koop?

 Ons verkoop als aanlyn deur ons webwerf www.thatlittleshop.co.za en werk vanaf ’n kantoor in Milnerton waar produkte opgetel kan word en na dinge in ons skou kamer besigtig kan word. Ons verkoop ook binnekort deur Hello Pretty en Takealot.


That Little Shop Online Wedding Shopping_0009 That Little Shop Online Wedding Shopping_0010 That Little Shop Online Wedding Shopping_0011


Ietsie interessant wat julle vir ons kan vertel van That Little Shop?

Tussen ons span van 5 mense kan ons 7 tale praat. Ons is trots daarop dat ons werk kan skep vir mense en die klein besigheid mark kan ondersteun. Dis ook ’n familie-gedoente partykeer, met sussie wat ontwerpe begin doen het, ma wat naaldwerk doen, Mika se man wat help met die webwerf en ons werkers se eggenote wat elke nou en dan help met groot bestellings of geleenthede.


 

That Little Shop Online Wedding Shopping_0012 That Little Shop Online Wedding Shopping_0013


 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *