Mia & Robert se Kaapse verlowing fotosessie

Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0001


Kaapstad is regtig een van die mooiste stede met ‘n ruik kultuur, Tafelberg en die Oseaan, dus is daar vele plekke om die liefde tussen ‘n paartjie vas te vang of kiekies.


Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0002 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0003 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0004 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0005 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0006


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek was uit saam met vriende in Langebaan by ‘n dansklub. Die hele aand bewus van die oulike ou in die pers trui. Glimpse en danspassies  was uitgelê ter opwagting van daardie eerste hallo,maar niks. Die ou wou niks weet nie.

Ek het heel aand gewag, vir iets om te gebeur, net om verras te word met ‘n, “Kan ek asb, vir jou n drankie koop?” Meer opgewonde kon ek nie gewees het nie.

Pers was nog altyd my gunsteling kleur en daardie aand was dit net ons ware kleure wat na vore gekom het. Hy het my bekoor.

En Langebaan was hemel op aarde.


Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0007 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0008 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0009 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0010 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0011


 Hoe het julle verloof geraak?

Ons was op vakansie in die Kalahari. Ons reis het nog net begin toe hy , in die middel van die woestyn sê ‘Kom ons neem ‘n foto. Dit was amper skemer. Toe ons uitklim was dit net die rooi horison te siene.

Ek het  geloop om die die kamera se driepoot te stel vir die foto. Met my omdraai het hy nie net die kamera uitgehaal nie, maar  ook ‘n ringboksie. Binne in was hierdie ongelooflike, skitterende ring en net daar het hy my gevra  om die res van sy lewe saam met hom te spandeer….

Sonder twyfel was dit ‘n, JA!



Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0012 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0013 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0014 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0015 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0016 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0017 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0018 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0019 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0020


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons trou datum is 2 April 2016. Ons sien vreeslik baie uit daarna. Ons het nog nie ons reëlings is nog nie heeltemal gefinaliseer nie,maar ons beplan ‘n heerlike, opregte Weskus makietie.


Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0021 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0022 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0023 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0024 Mia & Robert se verlowing soos op Mooi Troues_0025


Diensverskaffer:

Fotograaf: Crisna Coetzee van Minunkiphotography