Roche en Cheryl het mekaar ontmoet by die Afrikaanse fees Aardklop, wat teater, musiek en ander kunste behels, wat jaarliks in Potchefstroom gehou word. Aardklop spog met ope-lug markie en vertonings wat baie verskeie lokale in en om Potchefstroom gehou.
Roche en Cheryl is mal oor braai in die veld op hul onder die sterre en dis waar Roche die moed bymekaar geskraap het om die groot vraag te vra.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het ontmoet deur ‘n gesamentlike vriend tydens Aardklop.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het ‘n lekker vleisie,bottel wyn (en ook ons geliefde honde) gevat en in die veld op die plaas, onder een van die mooiste Kameeldoringbome ‘n vuurtjie aangesteek met die doel om ‘n vleisie te braai. Toe ek weer sien toe staan hy voor my op sy knie…
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was presies 8jaar en twee maande saam. Hy et my op 21 Desember 2006 gevra om sy meisie te wees en ons het op die 21ste Februarie 2015 getrou.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
As iets jou pla, praat met mekaar of praat dit uit. Respekteer mekaar.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Corene fotografie
- Venue: Malena Game lodge