Lucille & Werner se Stedelike fotosessie

Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0001


Lucille en Werner is al getroud, maar het besluit om ‘n fotosessie te hê en het Domenique Dyson gevra om hul fotos te neem in Maboneng die stedelike deel van Johannesburg.

Dis nogal baie interessant hoe die paartjie ontmoet het op Laerskool en later in Matriek eers begin gesels het en later toe getroud is. Getroude paartjies moet onthou om gereeld nog saam fotosessie te hê en so die herinneringe te koester.


Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0002 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0003 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0004 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0005


Hoe het julle ontmoet?

Ons het ontmoet op die rugbyveld toe ons in Laerskool was in 1997…waar ons saam rugby gespeel het!

Dit was net so die fase van waar jy cool is of nie so toe was Werner cool en Lucille nie, so hulle paaidjie het so effens geskei.  Ons was na dieselfde hoërskool toe, en teen die einde van Matriek het Werner weer vir Lucille begin raak sien en op een of ander manier haar selfoon nommer gekry (sy weet nou nog nie hoe nie). Sy het nog ‘n kêrel toe gehad, maar hulle het gereeld gesels, sy onthou dat sy altyd geniet het om met Werner te gesels, hy het regtig belang gestel in haar as mens.

Dit het so aangegaan vir 3 jaar, toe het hulle ‘n kans gevat en begin uitgaan.  Na 4 en ‘n half jaar van saamwees, ongelooflike vriendskappe saam bou en onvergeetlike herinneringe skep, is hulle getroud by die anderwereldse Shepstone Gardens in Johannesburg.

Dit was ons sprokie verhaal, die begin daarvan, en dis nog lank nie verby nie.


Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0006 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0007 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0008 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0009 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0010 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0011 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0012 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0013 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0014 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0015 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0016 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0017 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0018 Lucille en Werner oulike paartjie op Mooi Troues_0019


Diensverskaffers:

Fotograaf: Domenique Dyson van Maiden Moose