Kati & Hein se pragtige verlowing fotosessie

Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0001


Dit gebeur dat die liefde nie altyd op die eerste oog opslag blom nie, maar as dit so moet wees sal dit op die regte tyd gebeur.


Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0002Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0004 Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0005


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek en Heinrich het saam by ‘n Restaurant gewerk toe ek 16 en hy 18 was.  Ek was doll verlief en ‘the feeling wasn’t mutual” Vyf jaar later loop ons mekaar raak en die skille val van sy oe af. Die res is die begin van ons sprokie.


Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0006 Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0007Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0008


Hoe het julle verloof geraak? 

Drie jaar later opad na ‘n verassing in Pretoria trek hy skielik van die pad af en terwyl ek na die sonsondergang kyk en wonder wat aangaan, ruk hy my deur oop en grawe in die paneelkissie na ietsie. Op sy kniee langs die kar, met my vasgepen deur die veiligheids gordel, druk hy – ‘n nou oop boksie -met ‘n ring in my gesig. Ja, ek moes hom aanpor “Gaan jy my nie iets moet vra nie?” En daar sit die ring aan my vinger!!


Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0009 Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0010 Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0011


Wanneer beplan julle om te trou? 

Ons trou die 10de Oktober 2015 op die Kaapse strand.


Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0012 Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0013 Engagement in Cape Town - mooitroues.co.za_0014


Diensverskaffer 

Fotograaf: Carolien en Ben fotografie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *