Grethe & Francois (Gulu) se plaas tema troue

Grethe en Francois het ‘n baie oulike liefdes verhaal.

Hulle het hul troue op 20 Desember 2014 gevier by die Albertina Hotel en het ‘n mooi Plaas tema troue gehad wat Stey’nlove Wedding and Events vir hul beplan het. Francois het met behulp van Atonie die troue se blomme gedoen. Ons sê baie dankie aan Nikkie Fivaz vir die pragtige fotos van die troue.

Gaan lees oor die paartjie se liefdes verhaal en die mooi fotos.

Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0001Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0002 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0003 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0004 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0005 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0006 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0007 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0008 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0009 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0010

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Hierdie deel van ons storie voel amper soos “How I met your mother”, want ons het mekaar ‘n hele paar keer ‘ontmoet’, maar in 2010 by my huisdans het die vonke gespat. Hy was nie my metgesel nie, maar ek het sy oog gevang. Ons het ‘n paar lekker danse gehad en daai Sondag na die huisdans kry ek ‘n SMS: ” Hello Grethe, dis Gulu. Wil jy more ‘n koffietjie gaan drink?”. Dit was die begin van ons liefdes verhaal.

Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0011 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0012

Hoe het julle verloof geraak?


Spontaan! Dit is hoe ek in ons vier jaar vir hom gesê het hoe my verlowing eendag moet wees. Shame, dis basies ‘n onmoontlike taak om ‘n ring, die grootste besluit van jou lewe en ietsie romanties ‘spontaan’ te doen. Hy het naby genoeg gekom. Ons was op hulle familieplaas. Hy het my baie senuweeagtig gevra of ek saam met hom wil kom vier wiel motorfiets ry. Iewers tussen niks en nêrens sê hy ek moet stop (ek het gery) en in een beweging is hy af van die vier wiel af, op sy knie, boksie uit(en oop) en daar vra hy: “Grethe, sal jy omgee om my vrou te wees?”. Ek sê toe “nee” op die belangrikste “ja-woord” van my lewe.

Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0013 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0014 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0015 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0016 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0017 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0018

Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?


Bietjie meer as 4jaar.

Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0019 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0020 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0021 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0022 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0023 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0024 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0025 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0026 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0027 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0028

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Gulu sê altyd die grootste geskenk wat ek vir hom gee is dat hy net homself kan wees.  Ek dink dis ‘n baie goeie beginpunt.

Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0029 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0030 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0031 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0032 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0033 Grethe & Francois se troue op Mooi Troues_0034


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Nikkie Fivaz Photography
  • Koördineerder: Stey’nlove Weddings & Events
  • Onthaal en Spyseniering: Albertinia Hotel
  • Gastehuis waar die bruid aangetrek het: Skilpadgat