Wittebrood Advies


Om jou wittebrood te beplan is daar ‘n hele paar elemente wat jy in ag moet neem, voordat jy net in die motor of vliegtuig kan klim na jou wittebrood bestemming toe. Vandag kyk ons na ‘n paar belangrike punte wat deel maak van die groter prentjie om jou wittebrood so prettig as moontlik te maak.


MajekaHouse_0006


Begroting:

Werk jou begroting uit, dit sal vir jou baie tyd en moeite bespaar en vir jou antwoorde gee op baie van jou vrae.
Indien jy nie genoeg in jou begroting het vir jou wittebrood nie kan jy dit op jou geskenk lys vir jou troue sit en jou gaste kan geld daarnatoe las in die plek van ‘n geskenk.
Daar is ook ander opsies beskikbaar soos lenings vir finansiering indien jy daardie bietjie ekstra kontant benodig.

Waar wil jy gaan vir wittebrood:

Hierdie is ‘n baie belangrike punt wat jy so gou as moontlik moet finaliseer. Daar is baie punte wat deel uitmaak van die punt. Wil jy nasionaal of internasionaal gaan vir wittebrood? Dit sal baie van jou vrae beantwoord. As jy internasionaal toer moet jy in ag neem dat jy vroegtydig moet boek en dat jy moet seker maak of jy ‘n visa en paspoort nodig het om te toer na jou bestemming. Paspoort asook visa aansoeke vat tyd, so maak seker jy doen dit vroegtydig.


 

MajekaHouse_0002


 Tydperk:

Is die tydperk wat julle sal gaan op wittebrood in- of buite seisoen in die spesifieke area waar julle gaan op vakansie. Seisoen is gewoonlik bietjie hoër geprys as buite seisoen. Onthou seisoen beteken nie gewoonlik sonskyn nie. As jy toer na ‘n ski oord dan sal sneeu hulle seisoen wees en as jy gaan na ‘n eiland dan sal Somer hulle seisoen wees.

Maak ook seker dat alle aktiwiteite wat jy beplan om te doen beskikbaar is gedurende daardie tydperk wat jy die bestemming sal besoek.


Reis agentskap of nie?

Dit is vir baie bruidspaartjies ‘n moeilike besluit om te neem veral as jy oorsee toer. Ons advies sal wees as jy nasionaal toer kan jy dit self beplan omdat jy min/meer jou eie land ken.
As jy internasionaal toer en nog nie voorheen die bestemming besoek het nie sou ons aanbeveel dat jy ‘n reis agentskap nader om jou te help met die beplanning proses. Reis agentskappe kies die beste plekke reg oor die wêreld om seker te maak toeriste bly in ‘n veilige area en ‘n plek wat op standaard is en waarde vir geld sal wees.
Kry ook kwotasies van verskillende reis agentskappe om seker te maak jy kies die beste beskikbare opsie teen die beste waarde vir geld.


 

MajekaHouse_0003

Lees die terme en voorwaardes:

Maak seker jy lees die terme en voorwaardes veral as jy gebruik maak van reis agentskap pakkette vir wittebrood. Daar mag seker kostes nie ingesluit wees in die pakket nie. Daar mag dalk ekstra kostes wees wat jy moet inbetaal. So maak maar seker dat jy weet waarvoor jy betaal. As jy nie iets verstaan nie laat iemand dit vir jou verduidelik in skrif via e-pos.


Pak die regte klere:

Maak seker jy weet hoe die temperatuur en die weer is waarna jy gaan. Baie mans wil nie vir hulle nuwe vrouens sê waarheen hulle gaan vir hulle wittebrood nie. Dit is baie belangrik dat jy vir jou vrou sê watter tiepe klimaat sy gaan in wees tydens julle wittebrood. Dit is glad nie aangenaam om in die middel van Somer met Winter klere te sit of in die middel van Winter met Somers klere te sit nie.


MajekaHouse_0005
Ons sal ‘n opvolg artikel doen oor Internasionaal vs Nasionale wittebrood idees.
Artikel Krediet:


Artikel: Mooi Troues | Foto’s: Vorsprung Studio