Oulike Wit, Swart & Goud Skryfbehoeftes

Wedding Stationery Designer Cape Town_0001


Ons is baie opgewonde oor vandag se oulike skryfbehoeftes inspirasie wat die talentvolle Melissa van Pretty in Stains vir ons ontwerp het. Die gebruik van wit en swart skep ‘n klassieke gevoel en die tikkies goud glinsterstof op die skryfbehoeftes gee dit net daardie ekstra elegante gevoel. Die uitnodiging kan formeel en informeel wees, met sterk elemente van elk. Die hand geskrewe skrif as die opskrif teks en dan die formele, reguit en minimalistiese teks as die informasie se teks. Die hand gesketste takkie en die kerkie skep weer daardie kreatiewe, maar lekker informele gevoel. Hierdie skryfbehoefte stel sal perfek werk vir enige bruidspaartjie se troue. Loer gerus na ¬†Pretty in Stains se werk.


Wedding Stationery Designer Cape Town_0002 Wedding Stationery Designer Cape Town_0003 Wedding Stationery Designer Cape Town_0004 Wedding Stationery Designer Cape Town_0005

Diensverskaffers:


Skryfbehoeftes: Pretty in Stains