Boheemse Inspirasie soos gesien op Pasella

Ons is baie opgewonde om vandag se boheemse tafel inspirasie met jou te deel. Die talentvolle Jeanette van Paramithi het vir ons die mooiste blom ontwerpe gemaak vir ons Boheemse tafel inspirasie wat gesien was op Pasella op SABC 2 laas Vrydag. Die fotosessie en opname het plaasgevind in Kalkbaai by die pragtige Bishops View. Die tafel se dekor is perfek vir enige paartjie se troue, veral as jy opsoek is na iets anders en helder wat definitief baie aandag sal trek. Die gebruik van verskillende kleur blomme skep ‘n baie prettige en kreatiewe gevoel wat jou gaste definitief sal laat glimlag. Lees meer oor die oulike tafel inspirasie onder en geniet die foto’s wat Günther Schubert afgeneem het.


Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0001Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0002 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0003 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0004 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0005 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0006


Toe ons die oulike kleurvolle olifant boekstander sien by Poetry se winkel in die V&A Waterfront toe moes ons dit onmiddellikgryp. Dit gee self ‘n baie kunstige, maar tog elegante gevoel aan die tafel. Die gebruik van die patroon gevormde servette laat breuk die wit van die tafel en skep bietjie kleur onder die deurskynende eetgerei wat ons by @HOME gekry het. Paramithi het hout stompe onder die blompotte gebruik om ‘n aarde en meer rou gevoel in te bring by die elegante boheemse blomme rangskikkings en mooi potjies waarin dit geplaas is. Soos jy kan sien het ons verskillende borde gebruik, sodat dit meer van ‘n verskydenheid kan wees en inpas by die besige Boheemse tema.


Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0007 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0008 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0009 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0010 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0011 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0012 Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0013


Hierdie is definitief ‘n maklike, maar tog mooi en elegante tafel om te doen by jou troue of as jy wil net vir ‘n lekker spesiale geleentheid.


Pasella TV soos gesien op Mooi Troues_0014Diensverskaffers:


Fotograaf: Günther Schubert | Blomme: Paramithi
Borde, Glase en Servette: Poetry Stores | Eetgerye: @HOME