Verloof geraak, wat nou, 10 stappe soos op RSG

Jy is nou verloof, maar jou kop is besig met gedagtes en dinge wat jy moet doen dat jy die eerste paar belangrike punte mis. Ons kyk vandag na die mees belangrikste punte wat jy moet begin werk aan direk na jou verlowing. Die onderste punte is van die belangrikste punte waarna jy nou onmiddellik moet fokus en daarna kan jy begin met die res van jou beplanning. Ons sal elke maand opvolg artikels doen om jou te help met jou beplanning proses. Loer gerus na die onderste punte:


verloofwatnou


Begroting:

Dit is nou die tyd dat jy en jou verloofde sit en gesels oor julle begrotings en eerlik met mekaar is wat julle kan bekostig. As julle jul begroting min of meer uitgewerk het sal dit baie van julle besluite vergemaklik. Dit is baie belangrik om dood eerlik te wees met mekaar oor julle begroting en ook binne julle begroting te bly om onnodige stres te voorkom.


Datum en Tyd:

Dit kan ‘n moeilike besluit wees, maar wel ‘n baie belangrike besluit wat geneem moet word. Die datum of moontlike datums sal jou help om ‘n venue en van jou belangrikste diensverskaffers te boek. Sonder ‘n datum of moontlike datums mag dit ook dalk moeilik maak om pryse vanaf diensverskaffers te kry omdat hulle ‘n datum moet hê, sodat hulle kan kyk na hulle beskikbaarheid.


Gastelys:

Jou gaste lys is baie belangrik. Dit sal baie van jou toekomstige besluite vergemaklik soos die keuse van jou onthaal, die area waar jy gaan trou.


Area waar jy wil trou:

Dit is nog ‘n belangrike besluit. Jy moet kies waar jy wil trou. Of jy in Kaapstad, Durban, Johannesburg wil trou of ‘n Karoo, Stad of See troue. Al die faktore sal jou help om te besluit waar om te begin soek vir ‘n onthaal en ook die vervoer van jou trou gaste.


Onthaal:

Nadat jy besluit het oor
jou ligging sal dít ‘n goeie begin wees na onthaal lokale te kyk en so spoedig as moontlik een te boek. Onthaal sale gaan baie vinnig geboek word en jy moet tot en met 12 maande voor die tyd jou venue begin boek.


Boek belangrike diensverskaffers:

Boek jou belangrikste en mees bekende diensverskaffers eerste. Fotograwe, venues en bekende diensverskaffers wat geken is in die industrie moet minimum 6 tot 12 maande voor die tyd geboek word. Maak seker jy betaal jou deposito’s en teken jou kontrak om seker te maak daardie diensverskaffer is joune.


Verseker jou verloof ring:

Baie belangrik om seker te maak om jou verloofring te verseker. As dit gesteel word sonder versekering verloor jy jou pragtige ring. Maak seker jy verseker dit so gou as moontlik en ook om dit te spesifiseer op jou versekering.


Besluit oor jou trou se tema:

Gewoonlik het mense nie ‘n sekere tema vir hulle troue nie, maar miskien ‘n kleurskema en seker dekor styl wat die trou tema op die ou einde sal uitmaak. Dit sal die gevoel van hou troue skep. Formeel of informeel, dag of aand troue.


Kies jou bruidsmeisies en strooijonkers:

Dit kan ‘n baie moeilike besluit wees om te kies wie jy as jou bruidsmeisies en strooijonkers wil hê by jou troue. Omdat jy so baie vriende en familie het wat graag daardie posisie sal wil vul. Sit terug en dink mooi wie jy eerlik in jou hart voel jou die beste sal kan help. Dit gaan nie oor die vriendin wat die mooiste is of wat die vriendelikste is nie, maar oor die een wat nie bang is vir werk nie en wat jou sal help met die beplanning proses van jou troue sonder om die hele troue oor te vat en nog steeds jou laat voel dat dit jou belangrike dag is.

Die belangrikste is om te onthou om alles neer te skryf en seker te wees jy hou boek van alles. Maak jou inspirasie borde en kyk net na goed wat binne jou begroting is.


Krediet:

Artikel geskryf deur Mooi Troues