AB & Amanda se troue

AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0001 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0002


Amanda vertel ons hoe sy vir AB ontmoet het my ‘n skool funksie en AB deel met ons hoe sy planne om vir Amanda te vra om met hom te trou nie presies uigewerk het soos hy dit wou verkies nie.

AB en Amanda gee ook baie goeie advies aan paartjies wat besig is om hul troue te peblan.


AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0003 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0004 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0005


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Amanda vertel – 25 Junie 2011, het ons mekaar ontmoet by my Hoërskool se 50ste verjaardag fees. Op daardie stadium het hy in Klerksdorp geswot en ek in die Kaap. Hy het beste pêlle geword met Waldo, dieselfde Waldo saam met wie ek groot geword het in Walvisbaai, Namibië. AB gaan toe saam met Waldo Walvisbaai toe om sy 21ste verjaardag te vier met ‘n groot partytjie. Ons is aan mekaar voorgestel en die res is geskiedenis.


AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0006 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0007


Hoe het julle verloof geraak?

AB vertel – Op oujaarsaand, einde 2013, het ek haar na ons spesiale koppie by die plaas gevat en haar daar in die donker gevra om met my te trou. My plan was om dit te doen tydens die sonsondergang, want dan is die dag op sy mooiste, maar met die erge droogte in die Kalahari daai Desember, het my ouers besluit om veld toe te loop. Dit was veronderstel om vir hulle ook ‘n verassing te wees, maar toe moes ek vir hulle gaan sê sodat ons terug na die huis toe kan gaan voor die son onder is. Toe die tyd aanbreek, was dit alreeds donker, maar sy het ja gesê.


AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0008 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0009 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0010


Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?

Ons was 3 jaar en 4 maande saam toe ons getrou het, en ons was presies vir ‘n jaar verloof.


AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0011 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0012 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0013


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Wanneer dit kom by die beplanning van die troue, maak seker dat julle dit al lank voor die tyd doen. Ons troue was binne die eerste 3 maande klaar gereël. Die dag van die troue was rustig, want ons het geweet alles is gereël hoe ons dit wil hê. Neem alles in op jou troudag, luister na almal se toesprake, kuier met almal en geniet die beste dag van jou lewe.


AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0014 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0015 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0016 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0017 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0018 AB & Amanda se troue soos gesien op Mooi Troues_0019


Diensverskaffers:

Fotograaf: Jacey Searra Photography | Videograaf: Henry Dillon Video & Photography
Seremonie en onthaal:
 Mentorskraal, Jeffreysbaai  | Blomme en dekor: Ansie’s Elite Hire & Susan Luwes
Trourok en sluier: Bester’s Bridal Boutique | Bruid hare: Samuel Beck
Bruid grimering: Githe Muir | Strooimeisies se rokke: Bester’s Bridal Boutique
Bruidegom en strooijonkers se pakke: Birch’s Port Elizabeth | Verskaffers van wyn: Oranje Rivier wynkelder
Uitnodigings: Alvira van der Walt -ma van die bruidgeom | Konfetti: Ons het dit self gemaak