Advies: Musiek by jou troue

Troues is oor die algemeen ‘n vreugdevolle affêre; die afwagting om te sien hoe die bruid in haar rok lyk, familie van vêr sien mekaar weer na ‘n lang tyd, die omgewing en venue skep ‘n gevoel van “vakansie”. Smaakvolle kos word bedien en sjampanje word gedrink…sodra die formaliteite klaar is, begin die feesviering!

Ivan-Elsa-se-troue-soos-gesien-op-Mooi-Troues_0056

Musiek het al ‘n rol gespeel vanaf die oomblik wat jy aangekom het by die venue. Hier is areas waar musiek ‘n belangrike rol speel:

Seremonie:

Agtergrond musiek is belangrik om ‘n rustige atmosfeer te skep sonder ongemaklike stiltes. Gaste moet nog bekend word met hul omstandighede en vreemde gesigte. Musiek maak die proses so effens beter.

Die bruid se inloop liedjie: Dit kan gedeel word met haar bruidsmeisies of sy kan reël met die DJ of musikante om die liedjie saggies af te eindig die oomblik wat die bruidmeisies almal voor is. Daarna kan ‘n spesiale liedjie net vir haar gespeel word. Skep afwagting, laat die gaste wonder en geniet dan die oomblik, so loop stadig!

Die uitloop liedjie vir die pasgetroudes: Indien die paartjie die seremonie area moet verlaat word om die register te teken, reël dat ‘n oulike liedjie gespeel word hiervoor en nie net weer agtergrond musiek nie. Maak seker die musiek beklemtoon die salige oomblik.

Die konfetti-liedjie: Indien die paartjie nie die seremonie area hoef te verlaat nie en die gaste hul plekke neem om die konfetti te gooi, kan die uitloop-liedjie dien as konfetti liedjie. As die paartjie gaan terug kom vir konfetti, vra jou DJ om ‘n liedjie reg te hê hiervoor. Met dit gesê, jou musikante of DJ’s mag moontlik ‘n problem hê om die klank toerusting so gou te skuif indien die nuwe area te vêr is.

Voor-Drankies:

Agtergrond musiek is weereens ‘n belangrike faktor tydens die voor-drankies. Gaste wag normaalweg tussen ‘n uur of twee vir die bruidspaar terwyl fotos geneem is. Vermaak hulle met musiek, of dit nou iemand is op akoestiese kitaar of jou DJ. Reël net vooraf met jou DJ en vind uit of hulle ‘n ekstra sisteem het hiervoor – meeste van die tyd stel hulle al op in die onthaal area net na die seremonie. Onthou dit vat tyd om hulle toerusting op en af te stel.

Ivan-Elsa-se-troue-soos-gesien-op-Mooi-Troues_0057

Onthaal:

Weereens, agtergrond musiek!

Bruidspaar se inloop liedjie: Ek stel voor dat dit ‘n liedjie is met ‘n lekker tempo of iets wat die oomblik ongelooflik “epic” gaan maak. Glimlag soos jy inloop en doen sommer ‘n vinnige draai, dip en soen!

Koeksny-liedjie: Vra vir jou DJ om ‘n liedjie gereed te hê hiervoor – die sny van die koek is ‘n formaliteit, so die oomblik moet uitstaan.

Die gooi van die bruidsruiker: Kies ‘n vrolike en meisierige-liedjie, hierdie is ‘n oomblik vir die dames.

Die gooi van die kousband: ‘n Prettige tema-liedjie van ‘n tipiese “man” fliek is altyd ‘n treffer. Hoor by die DJ wat hulle sal voorstel.

Pa en Dogter Dans: Dit is ‘n spesiale oomblik waar die pa sy dogter oor gee aan ‘n ander man, kies ‘n mooi liedjie om dit te beklemtoon.

Die Eerste dans: Een van my gunsteling oomblikke van ‘n troue – daar is min dinge wat so romanties is soos pasgetroudes wat ‘n intieme eerste dans saam geniet. My persoonlike voorkeur hiervoor is, ‘n stadige romantiese liedjie. Al die oë is op julle gevestig (en dis ietwat intimiderend), so ‘n vinnige liedjie mag moontlik komplikasies hê met ‘n trou rok. Hou dit eenvoudig en elegant.

Sodra die formaliteite afgehandel is, is dit partytjie-tyd – onthou dat ‘n troue NIE ‘n nagklub is nie. Jy het ‘n groot verskeidenheid mense by jou troue so probeer om ietsie vir almal te speel. ‘n DJ wat sys out werd is, sal dansende skare kan lees en musiek speel wat hulle wil hê. ‘n Troue is die een plek waar jy maar mag “cheesy” wees, so maak ‘n versoeking aan jou DJ vir die treffers uit jou jong dae.

Ons het ‘n rukkie terug hierdie Platejoggie-versoek kaartjies gemaak, klik hier om daarna te kyk.

Druk hiervan uit en vra jou gaste om ‘n paar versoeke neer te skryf.

Ons gunsteling DJ, Compact Sound het op sy webtuiste ‘n paar liedjie voorstelle wat in sy ondervinding die beste werk,

Krediet:


Artikel: Pretty in Stains | Fotografie deur: Him&Her Pictures