Michael & Marli se verlowing fotosessie

Die pragtige paartjie deel elk in hul eie woorde oor hoe hul verloof geraak het en tot troue gekom het.  Geniet die foto’s en leesstof.  Baie dankie Maryke Albertyn vir die pragtige foto’s.

Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0002 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0003

Marli Vertel haar weergawe van hul liefdes verhaal:


Waar het jul ontmoet?

As eerste jaar het almal geweet van die aantreklike Radio (Michael se koshuis bynaam).  Ek het hom een oggend in die Fisika klas ontmoet.  Geen vonke het toe gevlieg nie.  Dit was eers n jaar later by n koshuis kuiertjie wat ons dinge vlam gevat het.

Hoe het jul verloof geraak?

Michael het in Frankryk die groot vraag gevra.  Na n adrenalien gevulde dag by Disney Land Parys, het hy op een knie gegaan terwyl daar die mooiste vuurwerke in die lug was en die mooiste Disney liedjies in die agtergrond.
Dit was verseker my hoogtepunt van Frankryk.

Wanneer trou julle?

27 Maart 2015 by Green Leaves Country Lodge and Venue

Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0004 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0005 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0006 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0007 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0008 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0009 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0010 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0011 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0012 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0013 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0014 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0015 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0016

Michael se weergawe van hul liefdes verhaal:


Waar het jul ontmoet?

Ons het op Universiteit ontmoet. Die eerste interaksie wat ek met haar onthou, was by haar koshuis atletiek. Sy het die 100m aflos gehardloop en was die een wat af eindig. Sy was so rooi soos ‘n tamatie, en haar hare was nog daardie tyd kort. Maar, selfs toe sy daar staan en hyg, het ek by myself gedink: “Wow, dit is regtig ‘n baie mooi meisie.”

Hoe het jul verloof geraak?

Ons was bevoorreg genoeg om , in Maart 2014, op ‘n ski-vakansie Frankryk toe te gaan. Ek en Marli het ons vakansie verleng met 4dae in Parys. Ek het die ring saam geneem op die vakansie vir ingeval daar ‘n geleentheid opduik, maar het nie regtig beplan om haar daar te vra nie. Op ons 3de dag in Parys, was ons na Disney Land Parys toe. Ek en Marli is mal oor animasie flieks en kyk altyd saam Disney flieks. Terwyl ons aan die einde na die vuurwerke staan en kyk het, het my hart baie vinnig begin klop. Ek het dit as ‘n teken van God aanvaar dat dit die tyd en plek was. Ek het begin bewe, en toe Marli vra of ek ok is, net gesê ek kry ‘n bietjie koud. Toe steek ek my hand in my toer-sak, gaan op my knie en vra vir haar of sy vir ewig ‘n kind saam met my wil wees.

Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0017 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0018 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0019 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0020 Mike & Marli se verlowing soos gesien op www.mooitroues.co.za_0021

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: