Jorika & Calvin se liefdesverhaal

Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_00012 November 2013 is sommer net nog n dag en datum vir meeste mense, maar vir ons is dit die herinnering van die aand waar ons mekaar ontmoet het.

Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0002Mense vra mos altyd hoe en waar het julle ontmoet? Wel ons antwoord op daai vraag is vir ons spesiaal omdat dit so amper nie kon gebeur het nie. Danskraal. Dís die naam van die plek waar ons ontmoet het – waar ons daardie aand onder dieselfde dak beland het. Jorika was daar saam met n paar vriendinne vir ‘n hennepartytjie (wat sy amper nie kon bywoon nie, omdat sy nie regtig almal in die groep sou ken nie) en Calvin vir n dans aandjie waarheen hy ook amper nie sou gaan nie.

Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0003Soos elke storie, verskil ons weergawes ook. Jorika sê syt net daar gestaan en die mense gekyk toe Calvin haar later vir n dans vra. Calvin het volhou dat Jorika vir hom meer as eenkeer geglimlag het. Wat wel waar is is dat Calvin in mense vasgeloop het soos hy na Jorika gestaar het ná hul dans. Een dans het toe ‘n paar danse geword met baie gelag. En ja, hierdie man kon dans! Die aand het laat geraak en die hennepartytjie wou huis toe gaan. Calvin het elke keer gevra “Kom ons dans net nog één liedjie asseblief?”en toe raak die een liedjie, ses liedjies. Tussen ons danse deur het ons name uitgeruil, maar al wat Jorika kon hoor tussen die harde musiek, was “Alvin” en was te skaam om weer te vra.

Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0004Calvin het sy nommer vir Jorika gegee voor sy moes huistoe gaan, maar net daar moes sy na die nommer bel sodat hy net 100% seker is sy het die regte nommer. Die belofte van “laat weet my asseblief as jy veilig by die huis is” was iets wat Jorika laat dink het hierdie mannetjie is anders as ander.

Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0005 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0006 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0007Die tye van na die ontmoetig tot nou is onmoontlik om in woorde om te sit. Vinnig het ‘n hegte vriendskap gevorm en elke dag gesels was ‘n móet. Jorika het eers nie belang gestel nie, maar na n naweek weg saam, het dinge verander. Calvin het moed bymekaar geskraap en begin beplan aan n manier om Jorika uit te vra. Na die beplanning was die eindresultaat n wenner! Haar gunsteling blomme, ‘n seekosplatter en baie kerse het op haar gewag toe sy die 2de Mei 2014 van die werk af by die huis gekom het.

Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0008 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0009Ons is opgewonde oor ons pad voorentoe met Jesus in ons span.

Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0010 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0011 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0012 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0013 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0014Die maande het gou begin verby gaan en die kosbare herinneringe het meer geword. Herinneringe was ons vir niks sal verruil nie. Ons leef elke dag om meer en meer te kan groei as n paartjie en om mekaar met alles lief te hê.

Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0015 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0016 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0017 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0018 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0019 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0020 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0021Hoekom ons besluit het om n fotosessie te doen:


Ons het toe ons nog net vriende was, al besluit ons wil eendag n fotosessie saam hê. En toe gebeur dit vir ons as ‘n paartjie! Ons is altwee baie lief vir foto’s en wou so graag professionele foto’s laat neem. Altwee van ons was ewe opgewonde en het dadelik begin beplan aan ons uitrustings en waar ons foto’s wil neem. Ons het die dae afgetel tot ons fotosessie en dit was beslis meer as die moeite werd! Ons het ‘n ongelooflike ervaring gehad. Ons was baie gemaklik gedurende die fotosessie en was nie huiwerig om te doen wat Anke vir ons gevra het nie. Dit was ook vir ons baie lekker dat ons ook ons eie insette kon lewer. Sy het ons mooi gehelp met hoe ons moet posseer vir die foto’s. Die dag was vol lekker lag en ons kan nogsteeds nie uitgepraat raak oor dié dag nie. Ons het glad nie lank gewag vir ons foto’s nie, en ons altwee was ongelooflik verras met die ongelooflike mooi foto’s wat ons ontvang het. Ek kan Anke vir almal aanbeveel omdat sy weet wat sy doen en enige iemand kan laat gemaklik voel. Defnitief n moet-doen vir elke paartjie!

Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0022 Jorika en Calvin soos gesien op www.mooitroues.co.za_0023

Dienverskaffer:


Fotograaf: Anke Photography