Marsala Inspirasie

© Günther Schubert of Vörsprung Studio


Ons het ‘n prentjiemooi Marsala geïnspireerde stileerde fotosessie gehad by Ashanti landgoed naby Paarl. Marsala is die Pantone kleur vir 2015 en definitief ‘n pragtige kleur om te gebruik by jou troue. Dit is ‘n warm, elegante kleur wat mooi werk saam met ander kleure soos groen, goud, wit, pienke en ook skakerings van verskillende perse.

Günther Schubert en Jeanette van Paramithi het koppe bymekaar gesit om Marsala tot sy volle potensiaal te gebruik om dit klassiek en elegant te laat lyk sodat jy dit by jou troue kan gebruik. Günther Schubert was die fotograaf vir die fotosessie en Paramithi het die blomme gedoen asook die tafel se stileering.

Xanilize het vir ons model gespeel en die talentvolle grimering en haar stilis, Chantelle Landman het seker gemaak haar grimering en hare lyk perfek vir die fotosessie. Xanilize dra een van Blush se pragtige rokke wat so mooi inpas by vandag se trou inspirasie. Die tafel bestaan uit verskillende skakerings en kleurskemas van blomme. Ons het ‘n wit tafel gebruik om die kleur bietjie meer eenvoudig te hou en ‘n minimalistiese gevoel te skep. Melissa van Pretty in Stains het die mooiste Marsala skryfbehoeftes vir ons ontwerp. As jy slegs die skryfbehoeftes wil sien sal jy Woensdag moet inloer op Mooi Troues wanneer ons vandag se fotosessie se skryfbehoeftes met jou deel. Günther het sommer sy ma se glase en borde gebruik vir die fotosessie wat ook dan ietsie spesiaal sal wees.

As jy ‘n kleiner troue het en graag van ma of ouma se ou breekware wil gebruik, is dit gerieflik om dit uit die kas te haal en te gebruik. Baie bruide dink dat Marsala ‘n moeilike kleur is om te gebruik en dat dit by niks gaan nie, maar vandag wys ons jou hoe om dit te gebruik en nogsteeds pragtig en elegant te laat lyk.


© Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio

Diensverskaffers:


Fotograaf: Günther Schubert | Grimmering en Hare: Chantelle Landman | Blomme en Stilus: Paramithi | Rok: Blush
Skryfbehoeftes: Pretty in Stains | Venue: Ashanti Landgoed | Model: Xanilize Schreiber


1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *