Jaco & Nastassja se verlowing

Mens ontmoet jou lewensmaat partykeer op die mees onverwagste plekke en ons hou daarvan om die stories met ons lesers te deel. Lees hoe Jaco en Nastassja ontmoet het en hoe die romanse tussen hul op gevuur het.


Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0015 Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0014 Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0013 Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0012 Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0011


Hoe het julle ontmoet?

Ek en Jaco is al jare lank vriende. Ons het ontmoet in Sondagskool, hy was ‘n skaam seuntjie wat agter sy ma weggekruip het en ek was die dogtertjie wie se arms en bene hopeloos te lank was vir haar lyf. Jaco spot tot vandag dat hy net gewag het dat ek my bene en arms ingroei voor hy sy skuif gemaak het. Ons het kontak gehou en het altyd ‘n ‘connection’ gehad wat ons nie kan beskryf nie want ons geaardhede verskil soos dag en nag.  Op ‘n dag was ons albei in Durban – hy by sy ouers en ek met vakansie, ons het besluit om koffie te gaan drink en dit was die einde van ons vriendskap soos ons dit geken het.


Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0010

 

Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0009 Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0008 Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0007 Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0006 Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0005 Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0004


Hoe het jul verloof geraak?

Ons het op my verjaarsdag in Mosambiek op die strand verloof geraak, eenvoudig en perfek – nie een van ons hou van ‘cheesy’ romanse nie. Jaco het my eers goed opgewerk na hy vir my ‘n klein boksie met oorbelle in gegee het. Ek het geweet die verlowing kom want ons het saam ringe gesoek en was so nuuskierig dat ek amper als uitgevind het. Die oorbelle was om my van die spoor af te gooi. Ons deel gelukkig ‘n unieke sin vir humor so na al die trane het hy alles wat reg is gesê en die mooiste ring uit sy sak uit gehaal. Ons het lekker gekuier saam ons families by die naaste kroeg en dit was die beste nuwe jaar!


Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0003 Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0002


Wanneer beplan jul om te trou?

Ons trou die 25ste April 2015 by Groenrivier in Riebeek-Wes. Ons kon nie besluit tussen April of September nie en omdat paasnaweek altyd reën in die Kaap het ons ‘n weddenskap aangegaan. As dit sou reën was dit September, en as dit nie reën nie April. Al ons vriende het die weddenskap gevolg en toe dit snaaks genoeg sonskyn is die hele paasnaweek was April die wenner. Ons naaste vriende en familie kom van reg oor die land en ons gaan ‘n lekker fees hê met liggies, “craft”  bier, baie kos en ‘n uitstekende orkes.


Nastassja & Jaco se verlowing soos gesien op Mooi Troues_0001


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Frresh Focus Photography