Belangrikheid van ‘n Tydlyn

Wil jy die perfekte, sorgeloosste troue hê?  Wel dan sal jy ordentlike beplanning moet doen en ‘n tydlyn opstel vir jou troue.  ‘n Tydlyn is deel van elke troue of jy dit nou self beplan of deur ‘n trou beplanner, jy het altyd ‘n tydlyn nodig.  Tyd is ‘n groot faktor op jou troudag en sluit ‘n klomp verskillende elemente in, insluitende diensverskaffers, fotografie, grimering, hare, kos en vele meer.  As jou tydlyn deurmekaar is sal jy die heeldag op jou troue gestres voel en alles sal onbeplan voel.  Onder is ‘n paar belangrike punte wanneer dit kom by jou troue se tydlyn.


BELANGRIKE PUNTE:
  • Laat een persoon verantwoordelik wees op jou dag van jou troue om seker te maak almal doen hulle dinge per die tye op die tydlyn.
  • Wees op tyd.  As jy laat is dan is jou hele dag ‘n gejaag.
  • Maak seker jy het alles wat jy nodig het op een plek om minder tyd te spandeer om na goed te soek op die dag.
  • Onthou die son wag nie vir jou nie, so as jy laat is en jou fotograaf moet teen skemer foto’s neem en die son sak, dan sal jou fotosessie kort geknip word en die gehalte van jou foto’s sal nie so mooi uitkom soos jy dit wou hê nie.

‘n Tydlyn is baie eenvoudig om bymekaar te sit en sal jou van baie stres bespaar. Advies per diensverskaffer:

Dekor stillis en blomme:

Dekor en blomme in die onthaal moet klaar wees teen die tyd wanneer jou fotograaf by die onthaal lokaal aankom.  Onthou jou fotograaf begin heel eerste met om jou trou- en onthaal lokaal dekor af te neem.  Maak seker alles is gedoen, want jou fotograaf kan nie ‘n halwe tafel afneem nie.  Die lokaal moet ook skoon wees en daar moet nie personeel binne rond hang nie, sodat jou fotograaf mooi foto’s kan kry.

Jou fotograaf sal na die dekor en blomme foto’s na jou toe kom waar jy besig sal wees met jou grimering en hare. Hy/Sy sal die laaste rukkie van jou grimering en hare afneem.

Grimering en Hare:

Grimering en Hare is seker die langste deel van jou hele troue, behalwe jou fotograaf, wat orals saam met jou sal gaan. Grimering en hare moet op een plek gedoen word en vat tyd om gedoen te word.  Maak seker jy hou tenminste 2 ure uit as jy ‘n bruid alleen hare en grimering benodig plus dan 30 tot 45 minute per bruidsmeisie.

Maak seker jou hare is gewas en droog en dat almal gestort het voor jou grimering en hare stillis daar aankom.  Dit sal tyd bespaar en almal gemaklik maak.

Onthou jou fotograaf moet ook nog foto’s van jou kry waar jy klaar maak en dat portret foto’s van jou alleen en dan ook saam met jou ma en pa asook bruidsmeisies. Dit vat nog so ‘n 30 minute tot ‘n uur.

Fotograaf:

Fotografie is gebonde aan natuurlike lig.  As jy laat is en nie fokus op die finale tydlyn nie, sal jou fotograaf nie die nodige foto’s kan kry nie. Jou foto’s mag dalk nie presies uitkom soos jy dit oorspronklik wou hê nie.

Spyseniering:

Dit is belangrik dat jy nie laat is nie. As jy vir jou venue gesê het jy wil 7 nm die voorgereg op die tafel hê en dit is ‘n warm dis of iets baie koud en jy is laat sal dit of te koud of te warm wees en sal onsmaaklik wees vir jou gaste om te eet en dit laat ook jou spyseniering sleg lyk.

Platejoggie  :

Gaan deur al jou liedjies met jou platejoggie voor die dag van jou troue en maak seker jy stel ‘n tydlyn op vir jou onthaal sodat jou platejoggie mooi die tye kan beplan.  Byvoorbeeld hoeveel liedjies gespeel sal word tussen toesprake, wanneer die eerste dans is, die koeksny is en al die ander dele van jou onthaal.  Dit sal verhoed dat daar stil dele is en dat jy te vinnig deur jou liedjie lysie gaan vir die aand.

TYDLYN UITLEG VIR DAG TROUES:

Onder is ‘n voorbeeld van ‘n dag troue se tydlyn as jy nogsteeds ‘n skemer  fotosessie wil hê.

  • Dekor en Blomme opstel
  • Grimering en Hare
  • Seremonie
  • Familie en Groep foto’s
  • Onthaal
  • Bruidspaartjie fotosessie
TYDLYN UITLEG AAND TROUES:

Onder is die voorbeeld van ‘n laat middag of aand troue se tydlyn.

  • Dekor en Blomme opstel
  • Grimering en Hare
  • Seremonie
  • Familie en Groep foto’s
  • Bruidspaartjie fotosessie
  • Onthaal

As jy nog advies benodig, voel vry om ons te Twiet @mooitroues en ons sal jou vrae beantwoord.

Ons deel binnekort gratis drukbare tydlyne vir beide dag, laat middag of aand troues op Mooi Troues. Jy sal dit dan ook kan aflaai en invul en net kopieë maak vir al jou verskillende diensverskaffers by jou troue plus een vir die persoon wat inbeheer sal wees van die tydlyn en die orde van die dag op jou troue.


Krediet:

Artikel geskryf deur Mooi Troues.


2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *