Kreatiewe Oopvou Uitnodiging

© Günther Schubert of Vörsprung Studio


 

Melissa van Pretty in Stains het die mooiste oopvou uitnoding kaartjies vir jou gemaak. Uitnodigings is belangrik, omdat dit die eerste gevoel en indruk is wat jou gaste van jou troue sal kry.

Gebruik ietsie wat jou en jou aanstaande se persoolikhede weerspieël óf julle trou tema sal weerspieël, sonder om te veel weg te gee. Vandag se uitnodiging is perfek vir ‘n jong prettige paartjie. Lees meer oor die oulike uitnodiging onder.


 

© Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio


Die uitnodiging is klein genoeg om deur die pos vir jou gaste te stuur en vou oop om alle besonderhede van jou troue te vertel in ‘n langwerpige storielyn.

Een van ons gunsteling elemente is die gebruik van papier vliegtuigies en die pastel kleurskema van pienke, perse en gryse.


 

© Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio

 

Diensverskaffer:


Skryfbehoeftes: Pretty in Stains