Middag Tee Stileerde Fotosessie

Cathleen Loots deel met ons haar Midda Tee gestileerde fotosessie. Modern met ‘n tikkie oud wêreld. Geniet die foto’s en word geïnspireer.


Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0001


Toe die Pantone kleure vir 2015 bekendgestel is, het ek dadelik geweet wat my volgende gestileerde fotosessie moet behels aangesien ek nou al ‘n rukkie ‘n Middag Tee sessie wou doen. Ek was as kind absoluut versot was op die Glenshiel Hotel en dit was die perfekte plek vir hierdie idee om volmaak te word.


Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0002 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0003


Die uitsig van dié hotel in Magoebaskloof is briljant en met ‘n vier ster gradering is dit ‘n droom wegbreek vir enige iemand uit die stad.


Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0004 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0005


Die grimering en hare wou ons gesofistikeerd hou en Angelique van Angelique Make Up and Hair het haar goed van haar taak gekwyt.


Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0006 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0007


Ons wou die tafel eenvoudig hou en het met die kos en gaste geskenkies by die tema gehou deur die gaste geskenkies fudge en gesoute karamel lekkers te maak, dit het by die kleure van die tafel gepas.


Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0008


As ek moet terug dink aan die “high tea” partytjies wat ek bygewoon het saam met my ouma dink ek aan marble koek, maar hier het ons dit ‘n bietjie van ‘n ander draai gegee. Ons die marbling tegniek vir ons uitnodigings gebruik en Colleen van Lieflingkind Designs het ons baie beïndruk met haar ontwerpe.


Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0009 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0010 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0011 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0012


Die koek was ‘n karamel rolkoek versier met bloubessies en ligte versiersuiker en vir die tee self het ons botterbroodjies en Engelse plaatkoekies met handgemaak te marmelade bedien.


Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0013 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0014


Die rokke en die blomme was ons hoof fokus punt. Die rokke is verskaf deur Erika Mengouchi en sy het selfs ‘n grys sluier gemaak om te pas by ons grys trourok .


Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0015 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0017 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0018 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0019 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0020 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0021 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0022 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0023 Pantone Styled Shoot as seen on Mooi Troues_0024


Diensverskaffers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *