Guy & Lizel se Wildtuin Troue

Guy en Lizel het ‘n prentjiemooi troue gehad in die wildtuin, ‘n leeu, olifant, sebras en luiperd het die spesiale dag saam met die paartjie gevier. Julle sal sien dat Lizel goeie smaak het, want die paartjie se troue was ‘n selfdoen troue.  Lees onder meer oor die paartjie se storie.


Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0011Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0001 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0002

Hoe het julle ontmoet?


Ek is ‘n Afrikaanse meisie van Klerksdorp wat in Johannesburg kom studeer en nogsteeds myself in die groot stad bevind.
My verloofde is ‘n ware “soutie” van die noorde van Johannesburg en huidig ook my kollega ( ‘office romance’ soos hulle dit noem). Sy naam is Guy Steele. Ja, ek is nou Mev Steele.

Ek het so twee jaar gelede ná my klerkskap by die firma oorgeskuif na die ‘Corporate Finance’ afdeling.
Dit is hier waar die Engelsman my voete onder my uitgeslaan het by ‘n werksfunksie en ‘n bos blomme ‘n week later op kantoor. In Desember 2012 nooi hy my Knysna toe om sy wonderlike familie te ontmoet – en na ‘n paar bottels wyn, oesters en ritte na “the bar you can only get to by boat,” besef ek toe  –  ek het DIE EEN ontmoet!

Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0003 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0004 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0005 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0006 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0007 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0008 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0009 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0010 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0011 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0012 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0013

Hoe het julle verloof geraak?


Ek en Guy het in September 2013 besluit om vir ‘n naweek weg te gaan. Ons het een aand spandeer by Karongwe River Lodge (die pragtige groot 5 reservaat, naby die Kruger Wildtuin, waar ons ook ‘n paar mande later die knoop sou deurhaak).  Daar het ons die geleentheid gehad om van ons Land Rover af te klim en te voet saam met ons wildbewaarder die bos in te stap tot by vier pasgebore jagluiperd welpies.

Vandaar af is ons na Jozini Tiger Lodge in Kwa-Zulu Natal, waar ons bederf was met n privaat bootrit  waar ons kon (probeer) tiervis vang. Die Maandagoggend was ek gepak en gereed om terug te ry na Johannesburg toe Guy onvewags n ‘verkeerde’ afrit neem en my verras met nog ‘n paar dae by die wêreld bekende vyf stêr Pinda Private Game Reserve.

Op 23 September 2013 in ‘n sand woud (Pinda Forest Lodge) gaan Guy op sy knieë met die perfekte woorde en die mooiste diamant (Ek gil so hard van opwinding dat die wildbewaarders my wil kom red van wilde diere). Nou gaan ek elke aand op my knieë uit dankbaarheid vir hierdie Engelsman.

Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0014 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0015 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0016 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0017 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0018

Vertel vir ons lesers van jul troudag:


Ons is albei baie lief vir die natuur en veral die wildtuin. ‘n Troue in die bosveld was nog altyd ‘n groot droom vir my! Ons troue was n tipiese Afrika ondervinding met natuurlike kleure, baie aandag aan fyner detail, sagte wit rose en hessian dekor om die natuurlike bos-gevoel te skep.

Dit was ‘n naweek troue met ongeveer 110 gaste wat almal op die gasteplaas gebly het met oggend en aand wildbesigtigingsritte op Land Rovers en ‘n boma-ete onder die sterre die Saterdagaand.
Ons seremonie was Sondagmiddag 27 April 2014 onder groot vye bome langs ‘n rivierbed

Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0019 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0020 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0021 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0022 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0023

Beskryf jul troue in 10 woorde:


Uniek, natuurlik, bosveld, Afrika, idillies, onvergeetlik, sprokie, romanties, feestelik, PERFEK.

Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0024 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0025 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0026 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0027 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0028 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0029 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0030 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0032 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0033 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0034 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0035 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0036 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0037 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0038 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0039 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0040 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0041 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0042

Raad wat jul aan paartjies kan gee wat nog moet trou:


Tussen deur al die beplaning, begroting en gejaag – Moet nooit vergeet waaroor die dag regtig gaan nie; julle liefde vir mekaar. Geniet elke oomblik, ontspan en neem alles in.

Indien moontlik, maak ‘n naweek daarvan sodat jy al die dag voor die troue by van julle gaste kan uitkom.

Hou julle toesprake kort en kragtig. Ons het sommer begin met ons s’n terwyl mense voorgereg eet en daar was net heildronke op die ouers en een op die bruidspaar.

Julle keuse van fotograaf is onsettend belangrik (so moenie afskeep nie) Ons fotograaf was Rensche Mari van Dyk – sy is professioneel en weet presies hoe om al jou spesiale oomblikke vas te vang.

En laastens: Belê in ‘n goeie videograaf sodat julle na die troue alles weer kan beleef en onthou (wat so vinnig verby gaan op die dag van die troue) – Dit en jou foto’s is immers al wat mens oor het!

Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0043 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0044 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0045 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0046 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0047 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0048 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0049 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0050 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0051 Lizel & Guy se troue soos op www.mooitroues.co.za_0052

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Rensche Mari
  •  Tweede Fotograaf: Schantel Merwe
  • Videograaf: Blimp wedding films
  • Venue en beplanning: Estelle van Karongwe
  • Blomme: Blomskuur,Tzaneen
  • Trou Rok: Olivelli
  • Bruidegom pak: Hugo Boss
  • Dekor -.DIY: Bruid en ma van die bruid
  • Hare: Marilu van Benedictus, Roodepoort
  • Grimering: Azelle van Bei Capelli, Tzaneen
  • Koek: Leo’s Kichen, Tzaneen