Byron & Lindsay se Vloot Geïnspireerde Verlowingsfoto’s

Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0001


 

Fotograaf, Rhode Potgieter, het Lindsay en Byron Fourie se verlowingsfotosessie met ons gedeel. Die vloot-tema verlowingsfotosessie was prettig en romanties.


 

Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0002 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0003

Hoe het julle ontmoet?


Lindsay het een van Byron se vriende by die Bierfees in 2011  ontmoet, hy wou hulle aan mekaar voorstel, omdat hy gedink het gedink hulle goed by mekaar sou pas. Later die aand het Lindsay vir Byron ontmoet en dit was  liefde van die eerste oogopslag.  Sy vertel dat  sy verloof was aan hom van die eerste oomblik wat sy hom gesien het. “Ek het net geweet dat ek  eendag sy vrou gaan wees.”

Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0004 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0005 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0006

Hoe het Byron vir Lindsay gevra om sy vrou te wees?


Hulle het in Februarie 2014 verloof geraak toe hulle alleen by die huis was. Byron het vir Lindsay vertel dat hy dat hy vir haar ‘n geskenk het en dat sy haar oë moes toe maak dat hy dit kan gaan haal. Haar oë was vir ‘n paar minute toe, en toe sy dit oopmaak het hy op sy knie gestaan en gevra of sy sy vrou sal word. Sy was in ekstase.

Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0007 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0008 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0009 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0010 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0011 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0012 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0013

Watter raad kan die paartjie met ander verloofde paartjies deel?


 Die raad wat sy gee, is om altyd met mekaar te praat. Kommunikasie is die belangrikste ding in enige verhouding, gedeelde kommer en probleme is baie makliker om te hanteer. ‘n Ander belangrike ding is om elke dag jou maat te soen, sommer ‘n paar keer op ‘n dag. Liefdevolle fisiese aanraking elke dag, maak die verhouding net soveel sterker. Jy kan nie kwaad bly vir iemand wat jou met liefde en respek hanteer nie.

Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0014 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0015 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0016 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0017 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0018 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0019 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0020 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0021 Lynn & Byron se verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0022

Diensverskaffer:


Fotograaf: Rhode Potgieter