Bernett & Lire se troue

Bernett en Lire se troue was ‘n romantiese troue, met ‘n outydse gevoel. Hulle van minimale dekorasie op die tafels gebruik gemaak, soos glasflesse as vase, blikbekers en houtkratte. Minder is soms meer soos jy sal sien in dié foto’s geneem deur Shireen Louw.


Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0016Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0001

Hoe het jul verloof geraak?


Bernett wou my neem op ‘n visvangsessie waarvoor ek  nie baie lus was nie, ek hom mos belowe  dat as hy die dag ‘n pienk visstok in die hande kry sal ek saam visvang. en Op Valentynsdag ontvang ek ‘n pienk visstok nogal met ‘n spinner ook, ek was nie baie lus om te gaan nie, maar na ‘n paar keer se mooi vra het ek toe ingegee om saam hom na die dam te gaan. Op De Doorns tussen die wingerde, is ‘n groot dam waar mens kan visvang, terwyl ek en hy saam visvang begin hy al hoe meer om die dam stap met die hoop om ‘n vis te kry. Ek kon nie verstaan dat die man vanaand van alle aande so graag ‘n vis soek nie, na ‘n geruime tyd sê ek dat ek nou maar kar toe gaan aangesien hier geen vis kom nie en die son begin te sak. Hy vra my toe dat ek saam hom tot by die kar sal stap, en sy visstok sal vashou dat hy ‘n ander spinner kan opsit. Op hierdie versoek het ek vir hom ‘n baie vuil kyk gegee. Toe ek weer sien is die man op sy knieë en vra my die groot vraag…

Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0002 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0003 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0004 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0005 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0006 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0007 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0008

Vertel ons lesers wat jul troudag so spesiaal gemaak het:


September is ‘n tyd wanneer die blommetjies begin blom, en die koring begin opkom, en die weer sommer lekker somer raak, ek was nuuskierig oor wat die dag vir my inhou, hoe my hele prentjie van beplanning nou alles bymekaar gaan kom. Daar was nie baie mooi weer voorspel nie, maar die dag was presies wat ek Jesus gevra het, ek het nog nooit so ‘n vrede oor my gehad soos dié dag nie. Ek het alles om my dopgehou en gesorg dat geen foon in sig is om elke sekonde te waardeer terwyl die strooimeisies om my hol om klaar te maak en ek nog besig is met my hare en grimering. Ek kon nie wag om die kansel af te stap na my ‘prins charming’ nie. Toe my pa vir my buite wag toe ek klaar is wou ek net begin huil van blydskap om te besef vandag gee ek my hele hart en met God aan my sy aan my man, en die feit dat my pa my kon afgee en ek afskeid die week  voor die troue kon neem was iets besonders. Die toespraak wat Bernett gemaak het was iets wat my in trane gehad het, om te dink dat so ‘n opregte man soveel woorde bymekaar maak om vir almal te beskryf hoe lief hy met het en hoe hy vir my gebid het was so spesiaal vir my.

Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0009 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0010 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0011 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0012 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0013 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0014 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0015

Beskryf jul troue in ‘n paar woorde:


Ons troue was plaas/platteland, stylvol, eenvoud, ‘vintage-rustic,’ romanties, inspirerend, anders, asemrowend, geseend, liefdevol

Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0016 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0017 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0018 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0019 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0020 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0021 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0022 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0023 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0024 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0025 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0026 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0027 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0028 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0029 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0030

Wat is jul raad wat jul aan ander paartjies kan gee?


Dink mooi voor jy vra, die grootste flop wat kan gebeur is jou trourok (soos met my) was ek ‘n week voor my troue in die steek gelaat. Ek is toe op nommer 99  fliks gehelp by Ilse Roux Bridal. As ek kon oor kies wens ek, ek het maar bietjie langer gevat om eers rokke aan te pas en doodseker te maak van my  keuse. Spandeer op n goeie fotograaf, dit is die moeite werd en veral ‘n videograaf wat jou prentjiemooi dag so perfek vir jou kan maak dat jy die res van jou lewe iets het om tewys. Ek het gehou by eenvoud en ‘n begroting, dit is belangrik dat jou gaste die aan geniet, lekker dans en eet, maar op die ou end van die dag is jou trourok die belangrikste wat jou as persoon maak!

Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0031 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0032 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0033 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0034 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0035 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0036 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0037 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0038 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0039 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0040 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0041 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0042 Lire & Bernette se troue soos op www.mooitroues.co.za_0043


Diensverskaffers: