Wie Maak Dit Op My Gastelys?

© Günther Schubert of Vörsprung Studio

Jy het sopas verloof geraak en sien die wêreld deur hartjie-oë. Jou troue gaan asemrowend en uniek wees – ‘n droom dag. Jy het die visie, maar waar om te begin? Jou gastelys!

Dit klink heel eenvoudig, “Ons nooi slegs die mense wie naaste aan ons is,” totdat jou aanstaande skoonma of selfs moederlief met hul eie lysie navore kom. Dit word ‘n moeilike storie om almal gelukkig te hou ten koste van jou eie wense. Hier volg ‘n paar wenke om in gedagte te hou wanneer jy met jou lysie begin.

  1. BEGROTING

Jy en jou verloofde sal min of meer moet besluit wat julle begroting vir die troue sal wees. Hierdie bedrag gaan dit soveel makliker maak om uit te werk hoeveel gaste genooi kan word. Hou ingedagte dat nie slegs die spyskaart die begroting beïnvloed nie, maar jou ander kostes soos stoele, tafels, blomme, tafel dekor, uitnodigings, programmme ook gaan vermeerder met die toename in gaste.

  1. KINDERS WELKOM OF NIE?

Geen kinders: Hou by julle besluit en skryf op die uitnodiging, “Ongelukkig Geen Kinders” of as dit slegs kinders is van onmiddellike familie, “Kinders Slegs By Uitnodiging”.

Kinders welkom: Vra dat gaste saam met hul RSVP’s laat weet hoeveel kinders saam kom. Maak reg vir die kleintjies deur oulike partytjie-sakkies op te maak om hulle besig te hou. Julle kan ook ‘n aparte area in die onthaalsaal uitsit vir die kinders of (indien die venue so iets het) ‘n kamer waar ‘n kinderoppasser na hulle kan kyk en vermaak. Mamma en Pappa gaan hul aand soveel meer geniet.

© Günther Schubert of Vörsprung Studio

  1. MA & SKOONMA SE LYSIESHierdié is ‘n teersakie en moet versigtig benader en hanteer word. Onthou dat jou ouers (veral jou ma) so trots en opgewonde is dat haar kind op trou staan, sy graag vir almal wil wys – en nie deur foto’s nie. Daar gaan moontlik ‘n punt kom waar ouers navore gaan kom met ‘n lysie van hul eie – wees gereed hiervoor.

    – Praat vooraf met hulle en verduidelik rustig dat julle slegs mense nooi met wie julle gereeld in kontak is en wie aktief betrokke is in julle lewens.

    – Gee vir elke ouerpaar ‘n limiet op hoeveel gaste hul mag nooi en hou daarby.

    4. METGESELLE

Baie eenvoudig. Indien die persoon nie in ‘n lang-termyn verhouding is nie, nie verloof of getroud is nie, kan hy of sy alleen opdaag.

  1. LYSIES

– Die “A-lys” sluit in die moet-mense wat vir julle mees belangrik is en het oor die algemeen ‘n direkte impak op jul lewens.

– Die “B-lys” sluit mense in wat moontlik op die gaste lys kan kom. Indien iemand RSVP dat hulle dit nie kan maak nie, nooi dan iemand van die “B-lysie”. Bly in jou begroting.

 

© Günther Schubert of Vörsprung Studio

  1. KOLLEGAS

Moet glad nie verplig voel om jou kollegas te nooi nie. Indien jou begroting dit toelaat, (en jy eintlik ‘n verhouding met hulle het buite werks-omstandinghede) nooi hulle. Wees net versigtig dat jou uitnodiging aan hulle nie ongemaklik reaksies lok by ander kollegas nie.

© Günther Schubert of Vörsprung Studio

Besluit op ‘n aand spesifiek vir die gastelys, kry jou glasie wyn en begin met die lysies!


Krediet:


Artikel: Pretty in Stains  | Fotos: Günther Schubert

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *