Stephne & Marnel se Verlowingsfotosessie

Stephe en Marnel het ‘n baie romantiese verlowing gehad. Die paartjie was Laeveld toe vir ‘n wegbreek, waar hulle toe die watervalle in Sabie besoek het op die oggend van 17 Desember 2013. Toe die paartjie by die “Bridal veil” waterfval kom gaan Stephe op sy knie en vrae Marnel om met hom te trou. Die paartjie deel vandag hulle verlowings fotosessie met ons wat op ‘n pragtige plaas landskap geneem is. Hulle het tot ‘n tafel opgemaak en baie pret gehad tussen die bome, groente en oop vlaktes.


Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0001Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0002 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0003 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0004 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0005 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0006 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0007 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0008 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0009 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0010 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0011


Hoe het julle ontmoet?

Ons het deur gemeenskaplike vriende en vriendinne ontmoet.  In die jaar wat ons ontmoet het was ek in my finale jaar by Potchefstroom Akademie waar ek somatologie (skoonheid) studeer het. Ek was nie seker waarheen ek wou gaan en wat presies ek wou doen na al die studeer nie, maar die oomblik toe ek Stephe ontmoet het, het ek geweet ‘n Potchefstroomer gaan ek verseker bly.

Dit was liefde met die eerste oog opslag.  Ons het nooit verstaan wat altyd bedoel word met die woorde “jy weet net ” nie. Totdat ons die eerste keer alleen tyd saam spandeer het. Ons het net geweet. Stephe het vroeg in ons verhouding vir my die een dag ‘n briefie gegee en al wat in die briefie gestaan het was “Ps. Jy is my trouvrou.” Dit was vir my so spesiaal ek bêre dit vandag nog in my Bybel.

Ons verstaan mekaar baie goed en praat met mekaar oor alles.  Ons het ongelooflike tye saam en lag baie saam. Ons kan partykeer net laf wees.

Die beste resep vir ‘n goeie verhouding is vergewe gou en moet nooit kwaad gaan slaap nie.


Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0012 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0013 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0014 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0015 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0016 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0017 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0018 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0019 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0020 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0021 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0022 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0023 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0024 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0025 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0026 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0027 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0028 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0029


Wat is julle droom troue?

Ons droom troue is enige iets wat met ‘n plaas te doen het. Maar tog stylvol. Ons troue gaan by plaasvind Phirimane. Dit is ‘n pragtige plaas venue buite Vredefort. Die venue vervul elke droom van ons droom troue.


Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0030 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0031 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0032 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0033 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0034 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0035 Stephe & Marnel Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0036


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Corene Photography

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *