Blou & Perskekleur See Inspirasie

Die inspirasie agter vandag se pragtige, strand, gestileerde fotosessie was ‘n kombinasie van bloue en perskekleur. Die  kleure is vir ons besonders mooi saam en is ‘n goeie tema vir troues. Die talentvolle Melissa van Pretty in Stains het die stilering, lekkergoed-stasie en die skryfbehoeftes gedoen vir die  fotosessie. Samantha du Toit,  het die foto’s vir ons geneem en Chantelle Landman was verantwoordelik vir ons model se grimering. Ons fotosessie het plaasgevind op ‘n  oop strand in langs die Atlantiese oseaan. Die mooi blomme is gedoen deur Bright and Beautiful. So Soet  het die pragtige lekkergoed tafel gedoen.

Die beste raad wat ons kan gee vir bruide is om die “minder is meer” konsep te volg. As jou begroting dit nie toelaat om teveel goed op jou tafel te hê nie, moet nie. Dink slim en gaan met iets wat aandag sal trek. Ons was ook so gelukkig om ‘n Kobus Dippenaar rok te kry vir ons model om te dra

Lekkergoed is altyd gewild by troues.  Veral as jy so vinnig ‘n happie wil gryp op pad na die foto-hoekie, of as jy soos ons net ‘n soettand het.

Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0001Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0002 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0003 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0004

Die Skryfbehoeftes


Melissa het gebruik gemaak van ‘n water pastel kleur op al die skryfbehoeftes wat dit  laat inpas by ons see-tema trou inspirasie.  Die skryfbehoeftes is eenvoudig en minimalisties met aandag aan die fyner details.

Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0005 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0006 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0007 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0008 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0009 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0010 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0011 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0012 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0013 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0014 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0015 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0016

Die Lekkergoed-tafel


Gaste geniet lekkers op tafels by troues.  Dit kan in die plek wees van die nagereg of kan net ekstra lekkernye wees vir jou gaste om hulle self mee te geniet.  Op vandag se tafel het So Soet ‘n verskeidenheid lekkernye gebruik wat by ons blou en perskekleur kleurskema gepas het.

Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0017 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0018 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0019 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0020 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0021 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0022 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0023 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0024 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0025 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0026 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0027 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0028 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0029 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0030 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0031 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0032 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0033 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0034 Trou Inspirasie soos op Mooi Troues_0035

Diensverskaffers: