Neel & Benita se Troue

Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0001

Neel het vir Benita in Knysna in Noetzie gevra om te trou. Die paartjie se sprokiesverhaal het begin tussen die natuurlike klipkastele. Die paartjie se troudag was klassiek en baie stylvol. Die dekor was eenvoudig, maar baie elegant. Dit was vir Neel en Benita wonderlik om die dag saam met familie en vriende van regoor die land en wêreld te geniet. Dit, tesame met hul beloftes aan mekaar, het die dag absoluut onvergeetlik vir hulle gemaak. Benita se raad vir bruide is om te  probeer om meeste van die reëlings twee weke vóór die troue af te handel sodat julle die laaste bietjie uitsien en opgewondenheid ten volle kan geniet. Dankie Charl Smith van Agape Studio vir die pragtige foto’s.

Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0002 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0003 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0004 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0005 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0006 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0007 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0008 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0009 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0010 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0011


Hoe het julle verloof geraak?


Ons was vir ‘n wegbreeknaweek Knysna toe en het op die pragtige Thesen Island gebly vir die naweek. Dit was Neel se voorstel dat ons die Saterdagoggend uitry Noetzie toe om na die natuurlike klipkastele te gaan kyk. Dit het reeds liggies begin reën toe ons daar aankom maar Neel het aangedring dat ons steeds die 100 of wat trappe afstap na die strand toe. As gevolg van die reën was ons die enigste mense op die klein strandjie en ons het skaars ‘n paar treë geloop toe Neel op sy knie gaan en my vra om met hom te trou.

Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0013 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0014 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0015 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0016 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0017 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0018 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0019 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0020 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0021


Wat het julle trou dag ekstra spesiaal gemaak?


Dit was wonderlik om die dag saam met familie en vriende van regoor die land en wêreld te geniet wat almal gedeel het in ons vreugde. Dit, tesame met ons beloftes aan mekaar, het die dag absoluut onvergeetlik vir ons gemaak.

Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0022 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0023 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0024 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0025 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0026 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0027 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0028 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0029 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0030 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0031 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0032 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0033


Raad vir ander paartjies:


Doen die nodige beplanning vroegtydig en probeer om meeste reëlings twee weke voor die troue af te handel sodat julle die laaste bietjie uitsien en opgewondenheid ten volle kan geniet. Ons wou graag in die winter getrou het omdat die natuurskoon in die Kaap gedurende die winter so uniek en besonders is. Dit was vir ons daarom belangrik om ‘n goeie fotograaf te kies wat in enige weersomstandighede steeds mooi oomblikke sal kan vasvang. Dit is nie die moeite werd om onnodig baie te stres oor die reëlings nie – hou dit eenvoudig en geniet liewer die opwinding vir jul lewe saam wat voorlê.

Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0034 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0035 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0036 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0037 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0038 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0039 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0040 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0041 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0042 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0043 Neel & Benita se troue soos gesien op mooitroues.co.za_0044


Diensverskaffers:


Fotograaf: Charl Smith van Agape Studio | Trourok: Ilse Roux Bridal Wear
Venue en Spyseniering: Nooitgedacht Estate |Grimering en Hare: Iza Cloete
Blomme: Tanya van Studio Bloem | Beligting: Goeters