Gratis: Liedjie-versoek kaartjies

AFLAAI

© Günther Schubert of Vörsprung Studio

Ons almal hou van verskillende musiek en sal graag wil dans op jou gunsteling liedjie by jou vrienden se troue. Maar een iets waarvan min mense hou is wanneer die platejoggie rond spring tussen liedjies of altans vergeet om jou gunsteling liedjie te speel.

Onthou die platejoggie is baie besig tydens die dans en kan nie altyd aandag gee aan gaste se versoeke nie. Nelia van Nooi Kreatief het met ‘n oulike oplossing gekom. Liedjie-versoek kaartjies wat jy maklik van ons webtuiste kan aflaai en by die huis kan druk. Só kan jou gaste net hulle gunsteling liedjie neerskryf en dit aan die platejoggie gee. Die platejoggie kan ook rekord hou van wat nog gespeel moet word en wat klaar gespeel was.

© Günther Schubert of Vörsprung Studio © Günther Schubert of Vörsprung Studio

AFLAAI


Diensverskaffers:


Skryfbehoeftes: Nooi Kreatief