Derik & Liza se prag troue

140802 Derik_Liza Hierdie paartjie het sowaar ‘n sproekiesverhaal. Derik het vir Liza gevra om te trou in Romantiques, ‘n antiek winkel in Hermanus. In dié winkel gee Derik vir Liza ‘n outydse ‘view-finder’ aan en sê sy moet daarin kyk.  Liza het die ‘view- finder’ toe na haar oê gelig, en die mooiste foto’s van hulle gesien.  Met elke kliek het ‘n nuwe foto verskyn met die woorde – “Liaaz – sal jy – met – my – trou?” Toe Liza dit wegvat staan Derik op sy knie met die mooiste ring. Die paartjie se troudag was ongelooflik spesiaal. Die dekor en klein dingetjies het die dag ‘n asemrowende ervaring gemaak. Liza se raad vir paartjies is om iemand te kry wat jul kan begelei deur huweliksvoorbereiding, wat met julle kan gesels oor alle aspekte van getroud-wees, insluitend gesonde kommunikasie.  Na die troue is daar verseker dinamieke wat verander en aanpassings wat gemaak gaan word. Die paartjie se troudag was stylvol en klassiek met baie DIY elemente. Die beste deel van die troue was die gaste wat die geleentheid onvergeetlik gemaak het. 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza


Hoe het julle verloof geraak?


Dit was ‘n mooi Saterdag in Hermanus.  Derik het my gevra of ek nie net ‘n uurtjie wil afknyp vir ‘n koffietjie in die dorp saam met hom nie – ons het mekaar min gesien deur my eksamens die vorige week en hy wou bietjie tyd saam met my spandeer.  So na ‘n oggend stappie langs die see sê Derik ons moet sommer toe wegglip.

Hy sê hy wil sommer by Romantiques gaan snuffel. Romantiques is een van ons gunsteling plekkies op die dorp met baie oulike tweedehandse alles. Hulle het onder andere een van die kamers in hul winkel oorgedoen in ‘n outydse teater styl – kompleet met fluweel stoele. Daar word elke Saterdag ou films gewys.

Ons stap toe by die winkel in en gesels lekker met die vroutjie voor. Sy sê sy wil gou voorraad uitpak in die teater en dan ‘n kort film toets vir die middag – wil ons dalk saam kyk? Ja, sê ons (ek – niks vermoedend, is so opgewonde met ons spontaneiteit). Sy wys vir ons ‘n 1920’s swart-en-wit kortfilm “Matchmaking Mama” deur Clark Gable.  Die film gaan oor ‘n outjie wat ‘n jong meisie sommer binne ‘n dag vra om te trou. Ons het so lekker gelag (en ek het steeds geen idee dat dit alles gereël is nie).  Ná die film stap ons uit en gesels en kyk na ou kameras en foto’s wat ook in die teater uitgestal word. “Hey”, sê Derik, “Wanneer laas het jy ‘n ou ‘view-finder’ gesien?” – en gee vir my ‘n antieke “view-finder” aan.

En toe ek die ding na my oë lig, is daar foto’s van ons in!  Met elke kliek het ‘n nuwe foto verskyn met die woorde – “Laaiz – sal jy – met – my – trou?” En toe ek dit wegvat staan Derik op sy knie met die mooiste ring. Ek het sommer begin huil, tot hy vir my se: “Jy moet my antwoord…”  Natuurlik was die antwoord: “Ja!”

140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza


Raad vir paartjies:


Dis ‘n wonderlike seisoen om jul troue te beplan.  Maar, dit is net een dag – die begin van jul huwelik.  Ek en Derik het regtig gefokus om ook huweliksvoorbereiding te doen, nie net troue-beplanning nie.  En as ek raad vir ander paartjies kan gee – doen dit ook.  Kry iemand wat jul kan begelei deur huweliksvoorbereiding, waar jul kan gesels oor alle aspekte van getroud-wees, insluitend gesonde kommunikasie.  Na die troue is daar verseker dinamieke wat verander en aanpassings wat gemaak gaan word.  Dit het ons regtig gehelp om bietjie voorbereid te wees hiervoor ook.

140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza 140802 Derik_Liza


Diensverskaffers:


Fotograaf:  Peartree Photography |Kapel:  Paul Cluver
Onthaal:  Elgin Grabouw Country Club |Photobooth: Pie in the Sky
Videograaf:  Jonty Acton van idodigital | Musiek:  Wayne Burns van Rhythm Divine
Rok: Eve’s Boutique | Grimering:  Hildegarde Louw |Strooimeisie rokke:  Ankiadalena
Trou koordineerder: Linet Mienie | Blomme:  Van die berge by Piet en Elmien Steyn
Troukoek:  Kirsty Pedersen