Robert & Elaine se Waverley Hills Troue

Robert en Elaine se verlowing was soos ‘n sprokiesverhaal. Op 14 September 2013 het hulle met Robert se pa se geel 1947 Piper Cub na ‘n vakansie-oord buite die Kruger Nasionale Wildtuin gevlieg. Aan die einde van die aanloopbaan staan ‘n tafel vol eetgoed spesiaal vir die verliefde paartjie. Op daardie stadium het Elaine toe nog niks vermoed nie. Rob sê toe vir Elaine dat hy nog een laaste verrassing vir haar het en sy moes toe haar rug na hom draai. Toe Elaine omdraai is Robert op sy knie en vra haar om te trou met die volgende woorde: “Ek is moeg om voor te gee dat ek nog nie reg is vir trou. Sal jy my ‘co-pilot’ wees vir die res van my lewe?”

Hoe romanties! Die paartjie se troue was net so spesiaal soos hulle verlowing. Elaine het ‘n Ilse Roux rok gedra en Lilac Photography het seker gemaak dat elke oomblik vasgevang word op kamera. Robert en Elaine het by Waverley Hills getrou, een van Mooi Troues se gunsteling organiese plase en venue’s.

Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0002 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0003 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0004 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0005 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0006 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0007 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0008 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0009 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0010 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0011 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0012 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0013 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0014 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0015 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0016 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0017 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0018

Wat het julle dag so spesiaal gemaak?


Daar is so baie liefde op jou groot dag – tussen bruid en bruidegom, familie, vriende, en bo alles van ons Hemelse Vader wat al daardie liefde moontlik maak. ‘n Mens voel werklik bonatuurlik geseënd op jou troudag.

‘n Baie spesiale oomblik was toe ek in die paadjie afstap en vir Rob sien met trane wat oor sy wange rol. Geen woorde kan die emosie binne mens op daardie oomblik beskryf nie.

Dit is bevredigend om te sien hoe alles waaraan mens die laaste paar maande so baie tyd, geld en energie bestee het uiteindelik bymekaar kom om die prentjie te vorm waaroor jy nog altyd gedroom het. Al die harde werk werp vrugte af!

Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0019 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0020 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0021 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0022 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0023 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0024 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0025 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0026 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0027 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0028 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0029 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0030 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0031 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0032 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0033 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0034 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0035 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0036

Raad vir ander paartjies wat hul troue beplan


Alles is baie oorweldigend, so moet nie paniekerig word as jy nie reg van die begin weet presies wat jy wil hê nie. Net om te weet watter ‘look’ jy nie wil hê nie is alreeds ‘n baie goeie begin.

Gaste spandeer baie tyd en geld om julle spesiale dag by te woon – maak seker om al julle gaste te bedank, of dit per kaartjie, e-pos of oproep is.

Min gebeure is so spesiaal soos jou troudag.  Wees rustig en koester elke oomblik. Die dag gaan so gou verby so moet nie een sekonde verby wens nie.

Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0037 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0038 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0039 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0040 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0041 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0043 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0044 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0045 Robert & Elaine soos gesien op www.mooitroues.co.za_0046

Diensverskaffers: