Maggie & Johan se Troue

Maggie en Johan se vrolike troue is definitief eie aan sy soort. Hulle het gebruik gemaak van verskeie funksionele items, soos SteriSumpies, melkskommels, kleurvolle onthou-die-datum kaartjies en skryfbehoeftes om hulle dekor te verfraai.

Die paartjie se troukoek het veral vir ons uitgestaan, omdat dit baie oorspronklik en kleurvol is.  Die blomme rangskikkings het uit Proteas en vetplante bestaan en die tafeldoeke uit goiing-sakke.

Hulle het verloof geraak op ‘n Maandag toe hulle albei verlof ingesit het die dag. Johan het vir Maggie gesê hulle gaan bietjie uit, maar nie vertel waarheen nie. Maggie was nie juis baie gelukkig oor die idee nie en wou eerder die dag rustig spandeer. Sy het heeldag al sy planne afgeskiet, maar hulle het toe die middag opgeëindig op die “Wheel of Excellence” in die V&A Waterfront, Kaapstad. Toe hulle uiteindelik bo is, het Johan op sy knie gegaan en Maggie gevra om te trou, hy het vreeslik gebewe vertel sy.

Vir meer inspirasie-idees van die paartjie se troue loer gerus deur hulle foto’s. Onder volg ook ‘n paar antwoorde op vrae van die paartjie.

Dankie LV Star Photography vir die foto’s van Johan en Maggie se troue.


Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0002 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0003 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0004 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0005 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0006 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0007 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0008 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0009 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0010 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0011 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0012 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0013 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0014 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0015 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0016 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0017 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0018 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0019 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0020 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0021 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0022 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0023 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0024 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0025 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0026 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0027 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0028 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0029 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0030 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0031

Wat het julle troue so spesiaal gemaak?


Ons het ons troudag saam met kosbare familie en vriende by die pragtige Beloftebos deurgebring en het besef hoe gelukkig ons was in daai oomblik om so bevoorreg te wees.  Elke sekonde van ons dag was perfek. Die weer, die natuur, die dekor, die blomme, die tafel nommers. Elke nommer het ‘n ietsie van ons albei gedeel met ons gaste – ons troue was intiem en jy kon die liefde orals voel.   Natuurlik om met my beste vriend te trou, dít was die spesiaalste oomblik.
Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0033 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0034 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0035 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0036 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0037 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0038 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0039 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0040 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0041 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0042 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0043 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0044 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0045 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0046 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0047 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0048Raad vir ander paartjies wat ons besig is om te beplan:


Moenie als self probeer doen nie.  Aanvaar hulp van familie en vriende.  Maak seker dat die dag JUL groot dag is, dis soveel meer spesiaal wanneer julle albei deel is van die beplanning.  Geniet elke oomblik, die dag vlieg vinnig verby.

Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0049 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0050 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0051 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0052 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0053 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0054 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0055 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0056 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0057 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0058 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0059 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0060 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0061 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0062 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0063 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0064 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0065 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0066 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0067 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0068 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0069 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0070 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0071 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0072 Maggie & Johan soos op www.mooitroues.co.za_0073


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: LV Star Photography
  • Videograaf: Alexander Productions
  • Dekor en Blomme: Saffron Functions
  • Verblyf: Bluegum Country Estate
  • Grimering en Hare: ZAR Hair & Make-up
  • Trou rok, Strooimeisies se rokke, Mans se broeke: MiliJo
  • Wyn: Raka Wines
  • Bruidsmotor: Classickombis