Jandre & Su-Lize se Verlowing

Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0012

Jandre en Su-Lize is albei groot natuur liefhebbers en het ook in die natuur verloof geraak. Jandre het een aand onder die die sterre, in Witsand die groot vraag gevra. Vir meer oor die paartjie se verlowing-storie, blaai na onder. Die paartjie trou op 4 April 2015 by Mooigelegen in die Oos-Vrystaat. Ian Odendaal het die paartjie se verlowingsfoto’s afgeneem wat ons vir julle vandag wys.

Dit is altyd lekker om paartjies se geluk te sien deur na hul foto’s te kyk en ook baie romanties. Wees, soos die paartjie, net jouself tydens die fotosessie en geniet dit om voor die kamera te wees.

Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0002Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0003

Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0004 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0005


Hoe het julle ontmoet?


Ons het in die Oos-Vrystaatse dorpie, Reitz, ontmoet. Ek was daardie tyd in die handelbedryf betrokke en Su-lize was nog ’n student by die NWU-Puk. Ek was nog so besig met vriendelike, flink diens aan die kliënte toe ek met die eerste oogopslag twee keer moes kyk . Selfs myself ’n knyp ook gee om seker te maak ek droom nie. Daar staan hierdie mooie mens so sag op die oog. Dis waar ek haar vir die eerste keer waargeneem het. Sy het my in die kerk raak gesien met die musiek bediening, vandat ek haar by die handel raakgesien het, kon ek altyd loer waar sy was van die verhoog af. Ons het formeel ontmoet met ‘n handskud by een van die dorp se rugby wedstryde, wanneer almal na die tyd n kelkie geniet, min wetend dat die begin van groot dinge was.

Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0006 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0007 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0008 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0009 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0010 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0011 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0012 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0013 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0014Vertel ons bietjie meer oor julle verlowing:


Nuwe werksgeleenthede het gemaak dat ons vir ’n naweek Nylstroom toe was om na behuising te gaan kyk asook ’n nuwe voertuig, aangesien reis ’n integrale deel van my werk is. Ek het vir ons plek bespreek by Witsand se luukse vyf-ster tent-akkommodasie in ’n kloof waar die rivier deurloop. Sy was onder die indruk dat ons net na bokkies gaan kyk. Ná die privaat veldrit het ons vining gaan draai by die tent, die maan was groot en vol en het pragtig deur die bome geskyn as mens van onder af staar. Ek het haar gevra om die maan, so in sy prag deur die bome, af te neem op haar nuwe foon. Toe sy nog wou fokus om die maan op die foon te kry het ek met die ring die maan bekroon en haar daar gevra om met my te trouJandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0015 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0016 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0017 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0018 Jandre & Su-Lize se Verlowing soos op www.mooitroues.co.za_0019


Diensverskaffers:


Fotograaf:  Ian Odendaal